101
Optima Afslaers
www.optima-afslaers.co.za
GWK Bpk
Tel: 053 298 8200
www.gwk.co.za
Roderick and Martin
Tel: 082 555 5490 / 082 927 2265
www.rodmar.co.za
Hobson & Kie
Tel: 046 622 4724
www.hobsonandco.co.za
John Kirk Afslaers
Tel: 034 212 5655
www.johnkirkauctioneers.co.za
Juventis
Tel: 012 347 6323 / 082 809 7488
www.juventis.co.za
KLK Landbou Beperk
Tel: 054 337 6200
www.klk.co.za
SHM Stud & Commercial
Marketing
Tel: 018 290 9409
Sheard Afslaers
Tel: 045 843 1722
www.sheardauctioneers.co.za
Tirhani Afslaers
Tel: 0861 847 426
www.tirhani.co.za
Vleissentraal
Tel: 012 460 9916
www.vleissentraal.co.za
Mike Killassy Afslaers
Tel: 082 378 8112
http://mikekillassy.com
Hierdie bekende en ervare
stoetdier-afslaer het oor baie
jare al duisende stoetdiere aan
kommersiële kopers verkoop.
Kontakbesonderhede van afslaers
in
Bethlehem,
Bloemfontein,
Klerksdorp, Bosveld, Ermelo en
KwaZulu-Natal is op die webwerf
beskikbaar.
Noord-Kaap Lewendehawe Koop Bpk
Tel: 053 927 3871
4. Publikasies en webtuistes
• Die weeklikse landboupublikasies Landbouweekblad en Farmer’s
Weekly publiseer nuus oor veilings. Die elektroniese weergawe van
die Landbouweekblad, www.landbou.com, bied ’n SMS-diens met
veilingpryse van lewende hawe. Kies die opsie “Markte” vir veilingpryse.
Kies die opsies “auction report”, “auction advertisements” en “auction
calendar” op www.farmersweekly.co.za.
• Die DLBV se besonderhede verskyn in afdeling 2 van hierdie hoofstuk.
• Hoofstuk 18 van die Handleiding vir Stoettelers handel oor veilings en
verkope onder beskerming van telerverenigings. Skakel SA Stamboek
by 051 410 0900 of besoek www.studbook.co.za.
• ’n Interessante gedagte: Omgekeerde veilings is opveilingsgeleenthede
gereël deur een enkele koper, en wat duur net ’n bepaalde tyd.
Verskeie verskaffers kompeteer dan vir besigheid. Besoek www.
farmerfirstgroup.co.za.
• Die maandelikse tydskrif ProAgri se agterblad, AgriTrader, gee kennis van
lewendehaweveilings. Besoek www.proagri.co.za.
• Van Plaas Publishing kom die maandelikse Handelspos / Trading Post wat
veilings dek. Kuier by www.veeplaas.co.za.
• Aanlynveilings word deur Southern African Livestock Exchange (SALEX)
aangebied op – www.agriauctions.co.za.
5. Die voor- en nadele van veilings
Voordele
• Sonder ’n veiling kan kopers deur manipulasie die pryse afdwing. Daar
is byvoorbeeld in die vleisbedryf ’n paar sterk kopers en baie swak
verkopers.
• Die mark is prysdoeltreffend, produsente ontvang hul betaling byna
onmiddellik nadat die dier verkoop is en alle soorte lewende hawe kan
bemark word.
• Die produsent hoef nie oor enige kennis van die mark te beskik nie.
• ’n Goeie afslaer is in staat om kopersnetwerke op te breek indien die
verkopers aan sy kant is.
Nadele sluit die volgende in
• Groot waardevermindering en hoë vervoerkoste kenmerk veilings.
• Daar bestaan ’n groter waarskynlikheid dat siektes kan versprei.
• Diere word aan oormatige stres onderwerp.
• ’n Veiling is ’n lang, tydrowende proses.
• Die moontlikheid van manipulasie bestaan. Kopers stig sindikate, veral
wanneer daar ’n oormaat vee op die mark is.
• Veilings vind tradisioneel op bepaalde plekke plaas, soos die veekrale
van boereverenigings, wat beteken dat lewende hawe van die plaas na
die veekraal vervoer moet word.
• Die verkoper is onder druk om sy diere op die verkoping teen die
aangebode prys te verkoop of hulle weer terug te neem plaas toe.
Bron: SA Stamboek
’n Afslaer moet oor die volgende persoonlike vaardighede beskik:
• vermoë om professioneel en bekwaam op te tree en die indruk van
onpartydigheid te skep
• uitstekende kommunikasievaardighede, humor en sjarme
• betroubaarheid en geloofwaardigheid
• ’n imponerende, selfs charismatiese persoonlikheid
• goeie