het nie”? Sou hy sy buurman gevra het? Sou hy die plaaslike vrugte- en
groentekleinhandelaar in die stad gevra het? Sou hy die groot supermarkte
gebel en gevra het hoeveel hulle vandag betaal?
In elkeen van hierdie gevalle sou die antwoord wat hy ontvang beïnvloed
gewees het deur die selfbelang van die betrokke persone. Die beste wat die
boer onder sulke omstandighede sou kon doen, is om uiteindelik te raai.
Wanneer hy egter sy produkte deur ’n kommissiemark verkoop, kom hy die
naaste aan ’n egte waarde vir sy produkte omdat pryse op ’n mark vasgestel
word in ’n oop, mededingende omgewing wat gereguleer word deur die
oudste bemarkingswette ter wêreld — aanbod en aanvraag en talle ander
faktore.
Die groot vyf van varsproduktebemarking
• Boere moet die noodsaaklike meganismes van ’n mark verstaan
– vraag en aanbod. Dit kan nie verander of weggewens word nie
– hierdie meganismes is fundamentele bemarkingswette. Daar kom
ooraanbodsituasies voor wanneer pryse daal, maar daar kom ook
onderaanbodsituasies voor waarin pryse styg. ’n Mens moet vraag
en aanbod verstaan en leer om dit vir jou te laat werk. Daar is egter
ook twee ander noodsaaklike faktore – gehalte en aanbodkontinuïteit.
Albei het ’n impak op die twee scenario’s wat hierbo geskets word, en
is van dieselfde kritieke belang.
• Gehalte maak dit vir ’n produk moontlik om in feitlik alle marksituasies
te voorsien. Gehalte is altyd van die uiterste belang, maak nie saak
hoe klein die produk/mark is nie, maar veral wanneer die mark vol
word. Dan is ’n gehalteproduk die een wat ’n kans het om verkoop te
word teen ’n prys wat in daardie omstandighede aanvaarbaar is. Die
produkte van swakker gehalte is dié wat uiters lae pryse behaal of selfs
op ’n mark met ooraanbod afgekeur word.
• Kontinuïteit gaan hand aan hand met gehalte. As ’n boer deurgaans
’n gehalteproduk aan die mark lewer, sal hy of sy nie net ’n beter
gemiddelde handhaaf nie, maar ook geloofwaardigheid by kopers
opbou. Wanneer die m