ENTERTAINMENT NUUS
Geskryf deur Zander de Beer
entertainment@blossmag.co.za
MEER OOR JO BLACK
Huwelikstatus: Getroud
Vrou se naam: Debbie
Kinders: Twee dogtertjies -Dinieke &
Miané
Het jy broers of susters?
“Ek is die derde van 4 kinders. Ek het twee
boeties en ’n sussie.”
Vertel ons meer oor hoe jy musiek
sien.
“Musiek moet driedimensioneel wees, dit
moet met jou hart, siel en ore praat.”
Op watter oomblik in jou lewe het
jy besluit om nie net die verlede te
herhaal nie, maar iets nuuts te skryf?
“Die dag toe my paaie met Inhoudhuis s’n
gekruis het. Ek glo hulle het ’n passie in my
wakker gemaak wat ek nie besef het ek het
nie.”
Suid-Afrika sien jou absoluut as ’n
skoenlapper wat nou die hoogtes
invlieg. Daar is baie raad vir papie-
tydperke in mens se lewe, maar wat
is jou raad vir “Instant fame” na so
tydperk?
“Nee jis ek probeer daai een nog self
verwerk. Niemand kan jou voorberei vir
dit nie. Ek glo as jou karakter gevorm is en
jy getrou bly aan jouself sal dit geen effek
op jou as mens hê nie. Ek is ’n gewone ou,
so dis vir my nog vreemd as mense op my
afhardloop vir ’n foto of handtekening, maar
bygesê is dit nogal ’n aangename gevoel.”
Wat is in Jo se #blossbox?
Gaan na ons @blossbox
Instagram account
ek kyk wat jy kan
WEN!
Min het Jo geweet dat die besluit om sy baard te
groei, hom in die regte rigting sou instoot.
Tyd saam met Jo maak dit duidelik dat
hoop is iets wat Suid-Afrika werklik nodig het!
Bring die hoop weer terug. Wat is jou drome?
Dit is nooit te laat nie. Hou aan hoop, glo en veg
vir wat jy wil hê.
Dames, volgende keer as jou man sy wildste
baard-drome teen jou wil, wil uitleef, dink net;
wat as die man nie die baard maak nie, maar
die baard die man kan maak?
Õ
Hoe balanseer jy jou familielewe
met jou shows, is daar nie-
onderhandelbare goed vir jou en wat
is dit?
“As ek op die verhoog is, is ek Jo Black, maar
sodra ek by die huis is, is ek net Daddy of
Liefie. Ek maak seker dat my gesin weet dat
ek eerste hulle s’n is voor ek ’n musikant is.”
Wat hou jou voete plat op die aarde?
“My familie, my vriende en die feit dat wie
ek is, is net genade. Niemand is self-made
nie. Ek glo ook die pad wat ons moes stap
om hier uit te kom, het my voorberei vir
enige iets wat mag kom.”
WenJo se nuutste CD - gaan na blossmag.co.za!
KODE WOORD om in te skryf = kitaarman www.blossmag.co.za|oktober 2017|19