LOCAL CELEB
Geskryf deur Francois Olivier
social@blossmag.co.za
@franna43
FRANCOIS OLIVIER , MEDIA24 SE CELEBRITY FOTOGRAAF EN
ONTWERPER is tans die eienaar van Olivier Productions & Vocal Coaching SA en hy werk al
meer as veertien jaar in die modebedryf. Francois het al gewerk saam met Steve Hofmeyr, Kurt Darren,
Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld en nog baie meer.
die man
baard
a
AGTER DIE
Net een foto op sosiale media kan jou lewe vir altyd verander. Jo Black vertel van sy metamorfose van
familieman na gebaarde huis-ikoon en Suid-Afrika se nuutste sang sensasie.
hoop, verandering en dat genesing ’n daaglikse
proses is. “My boodskap is maklik, hou aan
droom en glo. Vir elke lente kort jy eers ’n winter
wat maak dat jy sal reg wees sodra die seisoen
draai.”
Jo is deel van die Inhoudhuis familie, waar
hy saam met skrywers en legendes soos Johan
Vorster en Christoph Kotzé gewerk het aan sy
debuut album Skepe. Skepe het nie net goud
gegaan binne die eerste ses weke nie, maar
maak wêreldwyd opslae en was vir weke lank
nommer een op iTunes. Na net ’n paar dae lok
sy musiekvideo amper ’n miljoen kykers.
Jo se storie is inspirerend, maar soos hy
vertel oor hoe alles begin het, raak dit duidelik
dat wonderwerke nie net met “the rich &
famous” gebeur nie. ’n Doodgewone ou van
Pretoria kan ook ’n stukkie onder die son kry.
Daar is ’n storie agter die skerms wat min mense
van weet en wat ons hier by BLOSS geïnspireer
het om oor hoop te skryf. Die storie van hoe Jo
en Johan Vorster se paaie gekruis het.
Baie mense dink omdat hy nuut op die
mark is, het hy onlangs eers begin sing, maar Jo
sing al vir 16 jaar. Toe Jo besluit het om sy baard
te laat groei, het ’