BLOSS JooMag_Oct 001 | Page 22

DIE REAL LIFE TRIBE Geskryf deur Chantal Viljoen reallife@blossmag.co.za CHANTAL VILJOEN DOEN HAAR HONNEURSGRAAD IN SIELKUNDE aan die Universiteit van Suid-Afrika. Sy het ’n BA Sielkunde & Sosiologie graad aan die Noord-Wes Universiteit verwerf het. Sy is nie net slim nie, maar sy is mooi ook. Sy is al van 15-jarige ouderdom aktief in die model-industrie en was in Miss Earth SA Top Sestien (2015) en Miss Commonwealth SA Top Vyf (2014). ’n Besoek werd Suid-Afrika Nasionale Parke (Sanparke) nooi die publiek uit om in September, tydens hul jaarlikse Sanparke Week die beste parke gratis te besoek. Die parke gaan oop wees vir die publiek 18 tot 22 September. Nasionale Braaidag op Erfenisdag is op 24 September en hoewel dit nie in die Sanpark Week val nie, kan jy die week voor dit ’n tjoppie by een van dié parke op die kole gooi ter herdenking daarvan. Waarvoor wag jy? Gaan pak solank jou piekniekmandjie en nooi al jou familie en vriende. Vir meer inligting oor die Sanpark Week, besoek sanparks.org Charity101! Triomf Kliniek is ‘n mediese diensprogram in Wes-Pretoria. Die regte gesondheidsorg kan behoeftiges se lewens verander. Dié kliniek se doel is om alle mediese behoeftes aan te spreek deur korrekte verwysingsprotokol te volg. Dokters bied hul mediese d ienste gratis aan. Die primêre fokus is op kinders en hulle ouers, maar die visie is om ‘n omvattende gemeenskapsdiens te vestig. Besoek die kliniek se Facebook-blad, Triomf Kliniek, of die webtuiste, www. triomf.org.za, vir meer inlgting. 20| oktober 2017|www.blossmag.co.za PRIM & Proper AN NDER V O EID OM W IE IS D EENTH L E E S G O F ’N OR CE EN SKEP. METAM EMBRA EN HER E K T E E D W T ER LE HERON E KRUG IN JOU IC E N S E A F V E VIND.”- ’N NUW ER TE E W F L JOUSE REAL LIFE inspirasie ANGELIQUE SHEHATA het ‘n graad in regte (LLB) aan die Universiteit van Pretoria verwerf en sy is geesdriftig daaroor om Suid-Afrikaners wat in die buiteland bly van BLOSS se handelsmerk bewus te maak. Haar passie vir die jeug het haar geïnspireer om in 2015 die Matric Experience te begin om jongmense op te voed en te help met hul toekoms- en loopbaanplanne. MATRIEK EXPIERENCE Dis tyd om opgewonde te raak vir een van die mees asemrowende gebeure op die matrieks se kalender. Dit is amper matriekafskeid tyd! Die Matric Experience Facebook-bladsy wil jou help om die beste van jou aand te maak. Dit is jou aand van glans, die Oscars van hoërskoolleerders. Dit simboliseer die einde van hierdie hoofstuk. Dis kompetisie tyd! Aangesien BLOSS en die Matric Experience hierdie wonderlike tyd en in julle lewe vier, sal ons binnekort ‘n opwindende matriekafskeidkompetisie aanlyn hou waaraan al die matrieks van 2017 kan deelneem. Hou die BLOSS Magazine Facebook-bladsy en die Matric Experience Facebook-bladsy dop vir inlgting oor die kompetisie. Dalena d’Assonville is Vergeet- My-Nie (VMN) Dameskoshuis aan die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus se Primaria vir die Termyn 2016/17. Haar ma, tannie en niggies was almal in VMN. Dié koshuis se unieke tradisies is haar trots en volgens haar simboliseer die ikoniese ‘skril geel’ die koshuis se leuse: Gaan vir Goud vir Hom! Sy studeer BA Regte (LLB) en sy het reeds ’n BA- graad in Engels ontvang, Sy gryp elke geleentheid aan wat oor haar pad kom. As jy iets probeer en dit misluk weet jy dit is nie vir jou bestem nie maar as jy glad nie probeer nie sal jy altyd wonder, meen Dalena. Sy wil graag na haar studies reis en die wêreld sien. Dalena wil graag na Europa gaan waar sy groot geword het en verdere eksamens in Duitsland voltooi sodat haar graad daar ook erken word. Haar toekoms en haar loopbaan is nie haar einddoel of ’n bestemming nie, maar eerder ‘n reis en Dalena se kinderdroom is om ’n koffi ewinkel in die suide van Frankryk oop te maak. Haar lewensmotto is, “Die lewe is ‘n boek - wie nooit reis nie sien net ‘n bladsy daarvan.”- (Anoniem) KYK VIR MY! Almal neem selfi es, maar nie almal weet hoe om goeies te neem nie. Volg BLOSS se wenke en laat die koppe draai. 1. Lig jou ken en neem van bo. Dit laat jou gesig slank lyk en jy sal daardie gevreesde dubbelken vermy. 2. Vermy besige agtergronde of te veel bykomstighede. Fokus op jou gesig. 3. Vermy die duck-face. Glimlag eerder en wys jou natuurlike skoonheid. 4. Vind goeie, sagte lig om jou selfi es in te neem. Dit is ’n natuurlike fi lter. 5. Kry ’n selfi estok. Dit is al manier om ’n foto van jou en die agtergrond te kry wanneer jou arm net nie lank genoeg is nie . @viljoernchantal