STAR STRUCK
Geskryf deur Francois Olivier
social@blossmag.co.za
hello!
ADELE VAT ’N BREEK...
a
Bekende Pop koningin laat glip uit dat sy moontlik ’n lang familiebreek mag neem tydens
haar fi nale vertoning in Wimbledon.
As jy al ooit jouself bevind het in die
privaatheid van jou eie kar, waar jy haar
liedjies gehipnotiseer en dit uit volle bors
woord vir woord uit belt, is daar geen meer
te twyfel waarom nie. Dit is skaars om ’n
kunstenaar te vind wat jou makliker en meer
verslawend kan intrek in haar gevoelswêreld,
as juis die talentvolle Pop sangeres Adele nie.
So asof haar lirieke net vir jou geskryf was.
Adele Laurie Blue Adkins is gebore op
5 Mei 1988 en haar ouers is Mark Evans en
Penny Adkins. Sy staan reeds op 29 jarige
ouderdom met ’n netto waarde van $114
miljoen in die bedryf en is onlangs benoem
as die rykste Britse kunstenaar onder die
ouderdom van 30. Sy pronk ook met 15
Grammy Awards benoemings waarvan sy al
agt gewen het.
As jy ooit die voorreg gehad het om
een van haar vertonings by te woon of om
dit self net te kyk op DVD, sal jy verstaan
hoekom sy die gewildheidsleer so vinnig
geklim het. In haar simplisiteit voldoen sy
aan geen vooropgestelde status aangedrewe
vereistes nie. Sy is wie sy is, uniek. “What
you see is what you get.” Geen duursame
beligtingsvertonings, kostuums of
danstoertjies om ’n kunsmatige beeld van
talent te skep nie. Tydens ʼn onlangse toer
het sy in teenstelling met ander kunstenaars,
wat deur wagte en in veiligheidstonnels na
die verhoog gelei word, haar opwagting uit ’n
luidspreker kas gemaak, wat haar lyfwag deur
die skare moes stoot.
Hierdie Britse ikoon is juis bekend vir
haar uitgesprokenheid en gekruide taal.
Gedurende die 59ste Grammy Awards, het sy
16| oktober 2017|www.blossmag.co.za
selfs die F-bom gelos en die liedjie oor moes
begin na ʼn foutjie, maar ook net na minute
lange apologieë oor die taal-landmyne.
Hoewel jy met die eerste oogopslag
die indruk kry dat sy inderdaad ’n perfekte
opvoeding gehad het en al ʼn paar keer om
die lewensblok was, sal jy gou uitvind die
teendeel is waar. Sy was maar net vier
jaar oud toe haar ouers reeds hul verskeie
paadjies geneem het. Haar pa, Mark, is terug
Wallis toe terwyl haar ma, Penny, ’n bestaan
moes maak as meubelmaker en later met
kantooradministrasie.
Penny kon as gevolg van haar fi nansiële
agterstand, nie altyd fi nansieel ondersteuning
bied in al Adele se drome nie, vertel haar pa
na jare aan Britse media. Adele en haar oupa
was bitter naby en met sy dood het Mark
deur sy skuldgevoelens verval in alkholisme.
Hy voel hy dit het haar gedryf om baie van
haar seer in haar musiek in te weef. Teen die
ouderdom van 14 is sy opgeneem in die BRIT
School for Performing Arts and Technology
in London, bekend vir die onderig van mense
soos Amy Winehouse, Leona Lewis, Jessie J,
Katie Melua en Kate Nash. Gedurende haar
fi nale jaar het haar vriendin van haar liedjies
op Myspace gesit en is sy raakgesien deur XL
Recordings waar haar loopbaan afgeskop het.
Adele verklaar met trots dat haar ma haar
universiteitsopleiding prys gegee het vir haar
en dat haar ma bitter trots is op haar . Mark
het tot dusver sy skuldgevoel en alkholisme
afgeskud en werk daagliks daaraan om hulle
verhouding weer te herstel. Die suksesverhaal
oor hoe families na jare van gebrokenheid
genees kan word, bly ʼn pragtige verhaal.
Onlangs tydens ’n konsert in Brisbane
het Adele laat glip dat sy nou getroud is met
Simon Konecki, wat ook die pa van haar
vierjarige seun Angelo James Koneck is. Adele
neem Angelo orals saam op toer omdat sy
geen oomblik van sy kinderjare wil misloop
nie.
Aan die einde van haar onlangse wêreld
toer, het dit op die internet gegons dat Adele ’n
tien jaar lange breek wil neem om kwaliteittyd
met haar familie te spandeer. Tydens dieselfde
toer maak Adele ’n uilating oor nog ‘n baba
ook. “I’m off to have a baby!” het die 29 jarige
moeder luidkeels verklaar in die Nashville’s
Bridgestone Arena. Sy het bevestig dat Angelo
vir haar die belangrikste ding in haar lewe
is en dat haar besluit, nie regtig vir haar ’n
keuse was nie. Ten spyte van bespiegelinge
weet niemand verseker wat kom volgende vir
die Britse ikoon nie. Nog ’n baba? Wat van
bespiegelinge oor onderhandelings met ’n
Casino in Los Vegas.
Daar is berigte dat sy in die voetspore van
Celine Dion, Britney Spears en ander sal volg
om langtermyn, vertonings in Los Vegas te
hou, sodat sy standvastigheid vir Angelo kan
bied vir die volgende tien jaar.
Mense kan gis soos hulle wil, maar ons
hier by BLOSS vereer Adele nie net as ’n
superster nie, maar as ’n superma, wat net
soos haar eie ma, alles in haar vermoë doen
om die beste te gee vir haar kind al sou dit
beteken om haar eie drome op die ys te sit vir
sy toekoms.
Õ
Gaan na blossmag.co.za om te lees oor wat Fran-
cois Olivier dink van haar Grammy’s make-up.
blog