Hoe ‘n man se kop werk
singlewees
Geskryf deur Altus Theart
steeds op die rak? Baie vroue raak angsbevange hoe nader
hulle aan die groot 3-0 kom, veral as hulle nog enkellopend is.
Amper dertig en stééds single? Wat nou? Ek het heelwat vriendinne wat al aanstap 30 toe en vir dié
wat nog single is, is dit asof dit die einde van die wêreld is. Maar laat ek nou my opinie gee – vanuit ’n
man se perspektief...
Ek weet mans en vroue is nie dieselfde aanmekaar gesit nie, so ek verstaan dat ons hieroor kan
verskil, maar my dertigste verjaarsdag was vir my baie exciting. Ek was toe ook nog nie getroud nie.
Oor die algemeen wil vroue op ’n vroeër ouderdom al begin settle, maar ek glo 30 is die nuwe 20!
Ek dink dis beter om eers later in jou lewe te trou wanneer jy ’n
beter idee het van wie jy is. Boonop het jy dan al klaar genoeg in die
bondel gevry.
Ek het ’n paar van my manlike vriende gaan vra wat hulle nou
eintlik van girls dink wat op 30 nog single is. Die meeste vroue glo daar
is iets fout met hulle as hulle ná 25 nog nie ’n ring aan die vinger het
nie. My vriende se terugvoer was dat hulle glad nie dink daar is iets
fout met 30-jarige single girls nie. Inteendeel, dit wys net dat jy bereid
is om te wag vir die beste en dat jy nie gaan settle vir tweede beste nie.
Sien jouself eerder as onafhanklik; ’n vrou wat weet wat sy wil hê.
Daar is natuurlik mans wat onafhanklike vroue intimiderend vind. In
my opinie verdien hierdie tipe ouens jou nie.
Ek het ook persoonlik – ná vele verhoudings – besef dat niemand
anders jou gelukkig kan maak nie. Jy moet eers gelukkig kan wees op
jou eie. As jy vir ’n oomblik dink dat jy gelukkiger sal wees as jy tog
net ’n man kan vang, moet jy weer gaan dink. Ongelukkige vroue het
gewoonlik baie hoë verwagtinge van die mans in hulle lewens en geen
man kan aan sulke verwagtinge voldoen nie. Mans is nie perfek nie! ’n
Ongelukkige vrou en ’n man wat voel dat hy nooit haar behoeftes sal
vervul nie, gaan glad nie ’n gelukkige huwelik kan hê nie.
Natuurlik kan julle vir mekaar geluk en vreugde bring, maar jy sal self net ’n beter vrou wees as jou
geluk nie van jou man se mood, bankbalans, status, posisie of looks afhanklik is nie. Dit klink baie
cheesy, maar ware geluk moet in jou eie hart begin groei.
Mr. Right sal wel op die regte oomblik opdaag. Maar loop lig vir Mr. Right Now! Hulle is volop
en wil jou definitief nie wine and dine omdat jy ’n oulike persoonlikheid het nie. Gaan egter steeds
uit saam met jou vriendinne, besoek plekke waar jy nuwe mense kan ontmoet en beweeg buite jou
comfort zone. En as jy op ’n dag daardie droomman in die supermark raakloop, wees versigtig om nie
te gou jou trouskoene aan te trek nie. Mans het ongelukkig meer tyd nodig as meisies.
Single girls het natuurlik ook ’n checklist – daardie perfekte man moet omtrent ’n klomp boksies
tick voordat hy jou ouers kan ontmoet. Dalk moet jy weer besin oor daai lysie. Gee elke ou ’n regver-
dige kans, maar moet ook nie jou standaarde verlaag nie. Dis baie goed om te weet wat jy wil hê in ’n
man, maar moenie sommer ’n man afskryf net omdat hy nie aan ál jou vereistes voldoen nie. Perfekte
mans bestaan nie!
My laaste stukkie raad is dat jy moet trou vir liefde. Trou met jou beste pêl. Moenie trou vir geld
nie. Ook nie omdat jou biologiese klok besig is om kliphard te tik nie. Moet ook nie trou omdat jy
desperaat is nie – desperaatheid is ’n groot turn-off vir mans. Selfvertroue, daarenteen, is een van die
sexyste eienskappe in ’n vrou.
Voor jy jou oë uitvee, is jou eie ridder aan jou sy. Goeie dinge gebeur gewoonlik wanneer jy dit die
minste verwag.
Cheers vir eers!
Altus
www.blossmag.co.za|oktober 2017|15