Agri Kultuur September / September 2015 | Page 79

Twee intensiewe half-dag inligtingsdae wat fokus op melkbokke en vleisbeeste word tydens die AgriExpo Livestock op Sandringham, Stellenbosch op 15 en 16 Oktober aangebied. word. Die welbekende Dr Faffa Malan, wie se deelname deur Landbouweekblad geborg word, deel praktiese wenke oor die korrekte aanwending van entstowwe met die deelnemers. Die melkbokbedryf staan aan die voorpunt om kennis en inligting te deel en deur nuwe netwerke te vorm word die bedryf verder versterk. In 2014 is ‘n melkbokinligtingsdag op Sandringham aangebied en die sukses daarvan was so groot dat ‘n meer uitgebreide program vanjaar aangebied word. Die programsamestelling het ‘n holistiese benadering wat poog om groter ekonomiese geleenthede vir die deelnemers teweeg te bring. Kobus Mulder, internasionale kaas konsultant en deskundige op die gebied van kaasmaak, bied ‘n kort opleidingsessie oor die bestuur van ‘n klein kaasmakery aan. Die program sluit in besprekings oor die basiese beginsels van melkbok voeding, wat deur Hannes Beukes, voedingspesialis by Meadow Voere aangebied word, die effek van omgewingsfaktore en boerderypraktyke op stres in melkbokke, wat deur Leon Kruger, die LNR se spesialis in dierehanteringspraktyke hanteer word asook basiese bestuursbeginsels en die effek daarvan op melkproduksie, wat deur Donald Mouton, president van die SA Melkbok Telersgenootskap aangebied Die melkbokinligtingsdag vind op Donderdag, 15 Oktober plaas. ‘n Vleisbees inligtingsdag, wat op Vrydag, 16 Oktober plaasvind, word vir die eerste keer by Agri-Expo Livestock aangebied en die kaliber sprekers wat die sessies aanbied, gaan beslis groot waarde toevoeg tot enige beesboerdery. Dr Pierre van Rooyen, Algemene Bestuurder van SA Stamboek, praat oor die waarde van diereaantekening tot genetiese vordering om vleisbeesproduksie te verhoog, Dr Joubert Nolte, vleisbees voedingskundige by Meadow Voere praat oor tipes voer vir maksimum produksie by vleisbeeste, Dr Faffa Malan praat oor algemene vleisbees siektes en die voorkoming daarvan en die program sluit af met Jan van Zyl, Voermol se Suid-Afrikaanse Beesboer van die Jaar se spreekbeurt oor bul-, koei- en vers seleksie. Gratis deelname aan beide programme is moontlik gemaak deur die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Vooraf registrasie verseker ‘n plek by hierdie gesogte inligtingsdae, aangesien spasie beperk is. Registrasievorms is verkrygbaar by Agri-Expo. Kontak Razelle Segers by 021-9754440 of [email protected]. Program navrae kan aan Breyton Milford gerig word by [email protected] of 021-975 4440. Vir media navrae, kontak Porchia Adams op 0824412510 of [email protected] of besoek die Agri-Expo Livestock webwerf te www.livestock.org.za