Agri Kultuur September / September 2015 | Page 80

Wêreldklas vee tentoonstelling by Sandringham aangebied

Agri-Expo Livestock besoekers kan van 15-17 Oktober 2015 ‘n wêreldklas tentoonstelling van die Suid-Afrikaanse veebedryf, sowel as ‘n uitstalling van die primêre vleis en suiwel sektore en hulle waardekettings by Sandringham, Stellenbosch ervaar. Programaktiwiteite sluit in ras en interras kampioenskappe, ‘n streeksjeugskou, ‘n vleisbees- en melkbokinligtingsdag, ‘n Jong Afslaerskompetisie en ‘n konferensie met die tema, Die Kragdebat: Afrika in Fokus. Die hoogtepunt van die geleentheid is die kroning van die Suiwel Koningin en die Rooivleis Koning of Koningin op Saterdag, 17 Oktober.

Agri-Expo Livestock het homself gevestig as die mees toonaangewende vee geleentheid in die land en is gasheer van die grootste suiwel inter-ras kompetisie in die Wes-Kaap en poog om die grootste vleisbees interras skou in die provinsie aan te bied. Die geleentheid trek internasionale aandag en het ‘n trotse Assosiasie met die Angus ras, wat die grootste vleisbeesras in die wêreld is, maar ook die enigste in Suid-Afrika wie se handelsmerk vryelik in die mark beskikbaar is.

‘n Omvattende skole opvoedingsprogram is ontwikkel om leerders se kennis van hierdie interessante en dinamiese industrie te verbreed. Skoolgroepe wat vooraf registreer kry gratis toegang op Donderdag en Vrydag.

Kontak Claudine Wagner by 021-975 4440 of [email protected].

AgriWorks Landbou Ekspo word gesamentlik met Agri-Expo Livestock aangebied. Die twee skoue komplimenteer mekaar en bied meer waarde aan produsente, uitstallers en besoekers.

Hekke open van 10:00 tot 17:00 op Donderdag, 15 Oktober en van 10:00 tot 18:00 op Vrydag, 16 Oktober en Saterdag, 17 Oktober. Kaartjies is by die hekke beskikbaar teen R30 vir volwassenes en R10 vir kinders van 7-13 jaar. Kinders onder die ouderdom van 7 jaar kry gratis toegang.

Vir meer inligting, besoek www.livestock.org.za of kontak Porchia Adams by 021-975 4440 of [email protected].