Agri Kultuur September / September 2015 | Page 78

afdelings naamlik Vleisbokke, Melkbokke, Angorabokke, Wol-en Vleisskape, Suiwel-en Vleisbeeste en Pluimvee. Deelnemers moet die diere tot die beste van hul vermoë vertoon op grond van die voorgeskrewe riglyne en nasionale Jeugskou standaarde. “Die Mutual & Federal Agri Wes-Kaap Streeksjeugskou tydens Livesto ck 2015 skep ‘n geleentheid vir leerders in die Kaapse Metropool om Jeugskou te ervaar en deel te neem aan hierdie opwindende sport wat grootliks tot die platteland beperk is,” sê Breyton Milford, Voorsitter van die Wes-Kaap Landbou Jeugskouvereniging. maar nog nie as afslaer aangestel is nie en ‘n oop afdeling vir deelnemers wat nie in enige van die genoemde kategorieë geakkommodeer kan word nie. Afslaers is ‘n integrale deel van die veebedryf, maar dis ‘n moeilike beroep om in te tree. Kompetisies soos hierdie gee ontluikende afslaers die geleentheid om hul kennis en vaardighede te toets en verder te ontwikkel. Kom kyk hoe jonk en oud, onervare of professioneel, hul afslaerskundigheid tentoonstel. Navrae kan aan Esmarié Moodie gerig word by [email protected] of 0763300745. Die Toyota Nasionale Jong Afslaerskompetisie, in samewerking met Veeplaas en Stockfarm, vind op Saterdag, 17 Oktober van 10:00 tot 16:00 plaas. Kategorieë is volgens internasionale standaarde en deelnemers ding mee in die Junior kategorie, vir leerders 19 jaar en jonger, die Jong Kategorie vir afslaers wat 25 jaar en jonger is, die Aspirant kategorie vir deelnemers wat aspireer om as afslaer te werk en moontlik opleiding ontvang het, Kaartjies vir die Agri-Expo Livestock is by die hekke beskikbaar teen R30 per volwassene, kinders tussen 7 en 18 betaal R10 en kinders onder die ouderdom van 7 kry gratis toegang. Hekke open daagliks van 09:00 tot 18:00. Vir meer inligting oor AgriExpo Livestock, besoek www.livestock.org.za of skakel 021 -9754440. AgriWorks Landbou Ekspo word saam met Agri-Expo Livestock aangebied.