vooruitgang. Aangesien mense al
hoe ouer word en dus al hoe langer
van hulle aftreegeld moet lewe raak
dit moeiliker om gemaklik af te tree
en moet daar betyds begin word
om voorsiening te maak. Produsente moet in oorleg met hulle
finansiële adviseur ‘n plan opstel en
dan daarby probeer hou en dit
gereeld bywerk.
Belasting - Belasting wetgewing is
gedurig aan die verander en die
produsent moet gereeld saam met
sy rekenmeester kyk na sy besigheidstrukture om aan te pas by die
veranderende wetgewing en sodoende sy belastinglas so laag as
moontlik te hou.
Subsidies – Daar is gereeld nuwe
aansporingskemas van die Departement Handel en Nywerheid waar
produsente groot kontant terugbetalings kry as hulle sekere kapitale
uitbreidings aangaan. Produsente
moet daarvan kennis dra en moet
hulle rekenmeesters en konsultante
vra om hulle te help om aan die
vereistes te voldoen en die nodige
dokumente voor te berei en aansoekvorms in te vul.
Diefstal – Die meeste produsente
het reeds wegbeweeg van kontant
lone betalings, waar groot bedrae
kontant getrek word en die risiko vir
diefstal baie groot is, na elektroniese oorbetalings aan hulle
werkers. ‘n Ander probleem wat al
meer opduik is die diefstal van geld
uit produsente wat van aanlyn bank
-dienste of telefoon bankdienste
gebruik maak se rekeninge. Produsente moet hulle verhoudingsbestuurders by hulle banke kontak
en seker maak hulle veiligheidsmaatreëls is voldoende.
Bedrog - Gevalle waar produsente
boodskappe per e-pos of sms kry
dat hulle terugbetalings van SAID
moet ontvang of iets gewen het,
sodat die bedrieërs hulle besonder-
hede in die hande kan kry, kom ook
al hoe meer voor. Produsente moet
onmiddellik hulle rekenmeesters
kontak indien hulle boodskappe van
SAID af kry sodat hulle dit kan
verifieer, en moet onthou dat mens
nie ‘n kompetisie kan wen as jy nie
daarvoor ingeskryf het nie.
Rekordhouding – ‘n Ordentlike
loneprogram is deesdae onontbeerlik, en produsente wat nog
daarsonder probeer klaarkom sal so
gou moontlik een moet aanskaf.
Produsente moet ook seker maak
dat hulle rekenmeesters moderne
boekhou-, oudit- , belastingadministrasie- en maatskappy
sekretariële programme gebruik
sodat hulle gemoedsrus kan hê dat
hulle sake in orde is.
Gewapen met sy skootrekenaar en
slimfoon en met kundiges in sy span
kan die moderne produsent die
toekoms met ‘n geruste hart
tegemoet gaan.
Arnand Stofberg – B Agric Admin (US); B Compt (UNISA)
Direkteur: Boshoff Visser Worcester (Edms) Bpk; Boshoff Visser Groep (Edms) Bpk
Tel: 02334 22374
Epos: [email protected]
Bostaande is slegs ter inligting en is geensins advies nie. Boshoff Visser raai alle lesers aan om met 'n kundige finansiële adviseur in
verbinding te tree voordat enige besluite geneem word.