Agri Kultuur September / September 2015 | Page 56

Artikel deur Arnand Stofberg Boshoff Visser Net soos dit noodsaaklik is om gedurig innoverend te dink en te vernuwe wat betref produksie praktyke en bemarking, moet produsente ook op hoogte bly van veranderinge op die finansiële kant van die boerdery om mededingend te bly in die vinnig veranderende omgewing waarin ons leef. D aar kan nie van die produsent verwag word om ‘n spesialis op elke gebied te wees nie, maar dit is belangrik dat die produsent bewus bly van nuwe tendense en hom met die regte mense omring wat hom kan help met die fyner detail. Kontantvloei – Die dae van voorskotte ontvang terwyl die produsent nog besig is om te oes, en uitbetaling van die hele oes se inkomste binne ‘n paar maande na die oes, is by die meeste bedrywe lankal reeds verby, terwyl verskaffers van insette ook nie meer so maklik krediet verskaf soos vroeër nie. Produsente se kontantvloei kom dus al hoe meer onder druk. Dit is net nie meer goed genoeg om een keer per jaar saam met die bankbestuurder/rekenmeester ‘n begroting op te stel en dan eers die volgende jaar te kyk hoe dit gegaan het nie. Produsente moet maan- delikse bestuursyfers byhou of van hul rekenmeesters af kry en dit elke maand monitor om betyds te sien as daar probleme gaan kom. Aankope - Produsente kan nie meer bekostig om groot aankope soos masjinerie, besproeiing, kunsmis, plantmateriaal, ensovoorts te doen sonder om ten minste drie kwotasies te kry nie. Baie produsente maak ook met groot vrug gebruik van koopgroepe wat hulle beter bedingingsmag gee, iets waaraan produsente wat nog nie deel van ‘n koop-groep is nie beslis aandag kan gee. aanbiedinge, met veral die nuwe polisse waar premies daal indien die versekerde aan sekere gesondheidsvereistes voldoen, wat groot besparings kan meebring. Trauma- of gevreesde siekte dekking is in die verlede dikwels ignoreer of agter weë gelaat deur produsente, maar raak al hoe belangriker aangesien daar al hoe meer siektes soos kanker diagnoseer word en mediese fondse meestal nie voldoende is om die koste van behandeling te dek nie. Produsente moet gereeld saam met hulle finansiële adviseur besin oor bogenoemde dekkings en die nodige aanpassings maak. Versekering – Daar is gedurig nuwe produkte op die mark vir korttermyn versekering en produsente moet saam met hulle makelaars seker maak dat hulle huidige versekering nog die beste is vir hulle behoeftes. Wat lewensdekking betref is daar ook baie nuwe Aftree-beplanning – In die meeste gevalle is dit nie meer moontlik vir ‘n familieboerdery om finansieel na meer as een huisgesin om te sien nie. Die ideaal is dat die huidige produsent eendag kan aftree met sy eie neseier sodat sy opvolger net kan fokus op die boerdery se