Agri Kultuur November / November 2014 | Page 26

PROF HENNIE SNYMAN Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde Universiteit van die Vrystaat Kennis is om te weet dat slangbos-indringing ‘n probleem op die plaas is, maar wysheid is om iets daadwerkliks te doen om dit te bekamp. N saad ontkieming), biologiese beheer (geen kewer bestaan tans wat op dit teer nie) en benutting deur diere (slegs Elande benut dit baie doeltreffend en slegs in jong stadium ). Daar bestaan talle beheermaatreëls wat nog nie almal die toets van die tyd deurstaan het nie: uitkap (arbeid intensief), brand (stimuleer Chemiese beheer blyk tans die doeltreffendste en mees beproefde maatreël vir die beheer van slangbos. Die vraag wat dikwels by boere opkom is of hulle wel weer hulle geld sal verhaal met die aanwending van die sogenaamde duur chemiese middels. Die koste aan chemiese beheer van slangbos moet telkens afgespeel word teen die waarde van die boer se plaas. Daar is bereken dat met 60% verlaging in weidingkapasiteit van ‘n plaas (ongeveer 2 000-3 000 slangbosse per hektaar), teen ‘n chemiese mid- avorsing bewys onteenseglik dat die aanvanklike indringing van slangbos/bankrotbos/ vaalbos of in die Kaap bekend as Khoi-kooigoed (Seriphium plumosum) beslis nie boere se skuld weens byvoorbeeld oorbeweiding was nie. Dit help ook nie een boer bestry slangbos en sy buurman staan onverskillig teenoor die probleem nie. Indien dit eers op ‘n plaas is, dring dit selfs veld in goeie toestand in, aangesien digte veld ‘n gunstige habitat vir verspreiding skep. del van R300 per ha toegedien, hierdie koste oor minder as 3 jaar weer verhaal sal word indien met wolskape geboer word. Hierdie verhalingskoste sal met die boer van beeste (speenkalfstelsel) bietjie langer as 3 jaar neem. Met slangbosvrye weiveld word die werklike potensiaal daarvan weer herstel om sodoende terug te keer na die langtermyn weidingkapasiteit. Verdwaalde slangbosplante wat weer groei moet gemonitor word en per hand toediening bestry word. Die saad kan ook baie lank in die grond bly lê en net wag vir gunstige toestande om te ontkiem en daarom is dit ‘n langtermyn opvolgaksie wat moet plaasvind.