Agri Kultuur November / November 2014 | Page 21

die bedryfskoste en die mark prys sal verskil van ligging tot ligging. So sal die konstruksie en bedryfskoste grootliks verskil tussen ‘n buite tropiese stelsel, wat goedkoper sal kos om op te rig, in vergelyking met ‘n temperatuur beheerde glashuis in ‘n marginale klimaatsomgewing. Ongeag hierdie realiteit, lyk die ekonomiese potensiaal van akwaponikastelsels baie belowend gebaseer op studies wat die Universiteit van die Maagde-eilande gedoen het in die VSA Maagde-eilande (tussen die Karibiese See en die Atlantiese Oseaan) en ook in Alberta, Kanada met hul eie ontwerpte UVI Akwaponika Sisteem. Hierdie UVI stelsel het die produksie kapasiteit van 5 ton tilapia, en 1400 bokse blaarslaai of 5 ton basiliekruid jaarliks volgens die studies. Ondernemingsbegrotings is vir die tilapia produksie gekombineer met of die blaarslaai of die basiliekruid opgetrek. Baie goeie pryse is egter daar behaal omrede hierdie eilande ‘n nismark is waar 95% van alle groente en 80% van die vis ingevoer word. Dit is duidelik uit die navorsing dat daar ten minste ses van die UVI stelsels opgerig behoort te word om op ‘n ekonomie van skaal te kan opereer en ook ‘n konstante produksie te kan lewer aan die mark. Die opbrengs uit kruie is in die algemeen 20 keer groter as die opbrengs uit groente soos byvoorbeeld tamaties. Daar word beweer dat ‘n enkele persoon ‘n lewensbestaan kan maak op ‘n enkele UVI stelsel uit die resultate van die naKoljander vorsing wat by Alberta in Kanada gedoen is. Uit die aard van die saak verskil die ekonomie van land tot land en sal die gelykbreekpunt ook op ‘n ander produksievlak wees. Keuse van plant variëteite en vis spesies: “Die mark is alles” mag dalk ‘n cliché wees, maar dit is ‘n feit. Ken jou mark en doen vooraf voldoende marknavorsing. Gaan gesels met jou potensiële kliënte en vind uit wat hulle spesifieke behoeftes is. Vind uit wat die plant variëteite is wat hul benodig en teen watter kwantiteit hulle dit wanneer in die jaar wil hê. Indien moontlik stel bemarkingskontrakte op met jou kliënte. Dit is ook raadsaam om ‘n verskeidenheid van produkte aan te bied in stede van net ‘n enkele produklyn. Daar kan ‘n hoër prys vir kruie verkry word in vergelyking met groente gewasse, soos bevind met navorsing. Kruie wat goed verkoop is basiliekruid, dille, kruisement, pietersielie, slaai-eruca (rocket), sitroengras (lemon grass) en koljander (danya). Groente wat goed doen in akwaponika waarvoor daar ’n goeie mark bestaan is komkommers en die verskillende variëteite blaarslaai. Wat vrugte aanbetref is arbeie altyd ‘n goeie keuse en die verskillende tipe bessies. Alles hang op die ou einde af van jou klimaat, ligging en die markbehoefte in jou onmiddelike omgewing. Wat die vis spesie aanbetref kan daar goeie pryse behaal word vir vars tilapia in ‘n nismark. Alternatiewelik kan met Sprietuie ornamentele vis spesies gewerk word soos goudvis of koi-karp. Dit is ook baie belangrik om te onthou dat die plante die primêre produk is en die vis net sekondêr is. Jy maak dus jou geld met die plante en die inkomste van die vis kan as ‘n bonus gesien word. Bestuurs verwante aspekte: Behoorlike bestuur moet altyd risiko en onsekerheid in gedagte hou. ‘n Balans moet altyd bestaan tussen sekuriteit en aanvaarding van risiko. Enige buitensporige optrede is ongewens. Die fokus is op die maksimering van geleenthede, nie die minimalisering van risiko’s nie. Die belangrikste is om te bepaal watter geleenthede en risiko’s by ‘n onderneming gepas is en welke nie. Hierin lê een van die groot uitdagings van bestuur en ondernemingskap. Hoe bestuur ek die risikos by ‘n Akwaponika inisiatief? Om in staat te wees om jou hoë aanvanklike kapitaalkoste en die bedryfskoste te verhaal, en ook nog ‘n wins te maak, is dit uiters belangrik dat die visproduksie en die hi droponikakomponente te alle tye op maksimum produksiekapasiteit funksioneer. Die maksimum biomassa van die vis in die stelsel, sonder om die groei te belemmer, staan bekend as die kritiese staande opbrengs. Om so na as moontlik aan hierdie vlak te opereer gebruik jy spasie effektief, maksimeer produksie en verminder die variasie in die daaglikse voerinset-hoeveelheid by die stelsel. Hierdie is ‘n belangSlaai-eruca (Rocket)