Agri Kultuur November / November 2014 | Página 20

Artikel & foto’s deur Henk Stander US Akwakultuur Divisie, Departement Veekundige Wetenskappe Is ‘n Akwaponikastelsel ‘n ekonomies winsgewende, uitvoerbare en lewensvatbare opsie vir ‘n addisionele bedryfstak in my boerdery? D ie winsgewendheid en uitvoerbaarheid van ‘n beoogde projek is nie noodwendig dieselfde nie. Die ekonomiese winsgewendheidsontleding dui aan of die beoogde belegging gemiddeld oor die lang termyn winsgewend gaan wees of nie. Daarteenoor dui finansiële uitvoerbaarheidsontledings daarop of die kontantvloei voldoende sal wees om kontantbestedings, sowel as verpligte kapitaaldelgings en rentebetalings op geleende fondse te kan nakom. Dit mag dus wees dat ‘n beoogde projek oor die Basiliekruid langtermyn winsgewend lyk, maar dit kan oor die kort termyn soveel kontant absorbeer dat die projek faal. Die vlak van geleende kapitaal is dus vir beide kredietgewer en kredietnemer van groot belang in die bepaling van finansiële uitvoerbaarheid. Besluitneming word meestal in die landbou gebaseer op onvolledige kennis met betrekking tot die spesifieke uitkoms van daardie besluit. Twee tipes onvolledige kennis kan onderskei word, naamlik risiko en onsekerheid. Sekerheid kan beskryf word as ‘n toestand met ‘n bekenBotterskorsie de, verwagte uitkoms. Onsekerheid is ‘n toestand waarin die gemiddelde uitkoms bekend mag wees, maar die variasie in individuele uitkoms is onbekend. In die geval van risiko is die gemiddelde uitkoms bekend, en individuele uitkoms wissel volgens subjektief of objektief bepaalbare bekende afwykings. Die UVI Akwaponikastelsel: Die ekonomie van akwaponikastelsels is afhanklik van spesifieke terreintoestande en markte. Dit sal foutief wees om hier algemene aannames te maak omrede die ontwerp, konstruksie materiaal koste, Sprietuie en Soetmielies