US bekyk klimaat-slim
landbou
Jorisna Bonthuys
D
roogte en ‘n toename in waterrisiko’s
is die nuwe werklikheid vir Afrika.
Talle produsente en rolspelers in die
landbousektor het reeds hierby begin
aanpas en beraam planne om vooruit te boer.
Meer vernuwing is egter nodig om
veerkragtigheid in die landbousektor te vestig,
veral gegewe snelle verstedeliking. Dit moet
geskied op ‘n manier wat plaaslike werklikhede
in ag neem, het prof. Danie Brink, dekaan van
die Universiteit Stellenbosch (SU) se Fakulteit
AgriWetenskappe, hieroor gesê.
“Die aard van landbou en geleenthede wat
dit inhou, insluitende in stedelike gebiede,
verskil uit die oogpunt van lae-inkomste- en
hoë-inkomste-lande,” het Brink gesê. “Dit
maak inderdaad saak of jy in Lagos (Nigerië),
New Jersey (in Amerika), of in Groningen (in
Nederland) woon wanneer ons praat oor
innovasie vir die toekoms.”
Brink was een van die gassprekers in
‘n onlangse werkswinkel by die US oor
verstedeliking en klimaatslim landbou.
Die interdissiplinêre werkswinkel, getiteld
“Wolkekrabbers en lugtuine: perspektiewe
oor verstedeliking en klimaatslim landbou”, is
AgriKultuur |AgriCulture
aangebied deur dr. Bianke Loedolff. Dit was
deel van die eerste post-doktorale konferensie
in Suider-Afrika in sy soort.
Loedolff, verbonde aan die Instituut
vir Plantbiotegnologie, het aangedui
dat droogtetoestande weens
klimaatsveranderlikheid reeds een van die
vernaamste kopsere is vir die versekering van
voedsel- en voedingsekerheid. Droogte het ‘n
uiters nadelige effek op bykans die helfte van
gewas- en veeproduksie in Afrika.
“Met inagneming van die ‘verskuilde’ koolstof-,
water-, en ekologiese voetspoor van talle
landbougewasse, moet alternatiewe gewasse
ook voortaan oorweeg word,” het Loedolff
gesê. Tans is mielies en koring byvoorbeeld
die vernaamste gewasse wat in Suid-Afrika
geproduseer word. Albei gewasse het ‘n
groter watervoetspoor as peulgewasse soos
sojabone en duiweboontjies. “Ongeveer 900
liter water word benodig om een kilogram
mielies te produseer. Vir sojaboonproduksie
word 250 liter water per kilogram benodig, en
vir duiweboontjies net 50 liter. Is dit nie die
soort gewasse waarop ons moet fokus nie?”
wou sy weet.
22