Volgens Brink leef meer as 50% van die
wêreldbevolking nou in stedelike gebiede, met
‘n jaarlikse toename van 65 miljoen mense.
Teen 2050 sal tot 75% van die wêreldbevolking
na verwagting in stedelike gebiede en
aangrensende areas woon. “Miljoene mense
verhuis na stede en dorpsgebiede met
groot verwagtinge dat hul lewensgehalte sal
verbeter. In Afrika het verstedeliking egter nie
noodwendig mense se lewensgehalte verbeter
soos wat in Asië gebeur het nie,» het Brink
gesê.
Suider-Afrika word tans beskou as die streek
waar verstedeliking tans die vinnigste ter
wêreld plaasvind. Suid-Afrika se tendense
hieroor is hoër as die streekgemiddelde in
Suider-Afrika. Meer Suid-Afrikaners leef reeds
in stedelike as in landelike gebiede. Altesame
64.3% van die bevolking (34.17 miljoen mense)
woon tans in stedelike gebiede.
“Die opkoms van stedelike en semi-stedelike
landbou in die konteks van verstedeliking en
klimaatsverandering bied nuwe geleenthede
om geslagsrolle te verander en landbou-
waardekettings en nismarkte te ontwikkel,” het
Brink gesê. “Daar is egter talle kennisgapings
wat nog gevul moet word, insluitende oor
beleid asook uitdagings wat met tegnologie-
ontwerp verband hou.”
Talle van die gevorde stedelike
landboutegnologieë wat tans ontwikkel
word, is nog nie lewensvatbaar in Afrika nie.
Daktuine het byvoorbeeld hoë insetkostes.
Daar is kwessies oor wie daarvoor
aanspreeklik is, asook wie dit in stand moet
hou. Landbou in beheerde omgewings vereis
weer hoëvlak-tegnologie, energiebronne en is
kapitaal-intensief, wat dikwels buite bereik van
talle lande is. “Meestal is produksie-opsies wat
hoëvlak-tegnologie vereis steeds die opsie wat
die minste lewensvatbaar is. Boonop dra dit
ook tans die minste by tot voedselsekerheid,”
het Brink gesê.
Prof. Jennifer Thomson, ‘n emeritus-hoogleraar
in mikrobiologie verbonde aan die Universiteit
van Kaapstad (UK) se Departement van
Molekulêre en Selbiologie, het op haar beurt
uitgewy oor pogings om droogtebestande
mieliegewasse te ontwikkel. Thomson is
tans president van die Organisie vir Vroue
in Wetenskap in die Ontwikkelende Wêreld
(OWSD). “As ons die gene en kombinasies
daarvan kan vind wat dit moontlik maak vir
AgriKultuur |AgriCulture
plante om waterstres te verduur, kan dit die
aard van gewasontwikkeling verander,” het sy
gesê.
Op haar beurt het prof. Jill Farrant, ook
verbonde aan UK se Departement van
Molekulêre en Selbiologie, ‘n oorsig gebied
oor die vermoë van sekere plante om in
ekstreme droogtetoestande te oorleef.
Dit hou moontlik enorme voordele in om
voortaan meer klimaatslim te boer. Farrant,
‘n A-gegradeerde navorser wat ook ‘n DWT-
NNS-navorsingsleerstoel (‘n SARChI-leerstoel)
beklee, word beskou as ‘n voorloper in haar
studieveld.
Daar is, so ver bekend, net 135 plantspesies
wêreldwyd wat kan oorleef in ekstreme
toestande en met 95% waterverlies kan
oorleef, het Farrant gesê. “Sodra hierdie
plante water kry, herleef dit binne ‘n dag tot
drie. Hierdie plante het ekstreme genetiese
vermoëns om droogtebestand te wees. Dit
kan moontlik gekopieer word om gewasse te
ontwikkel wat in droogtegeteisterde gebiede
verbou word,” het sy gesê.
Farrant glo kennis oor hierdie
“herlewingsplante” hou moontlik die sleutel
in om nuwe droogtebestande gewasse
te ontwikkel. “Die werklikheid is duidelik.
Aangesien die meeste landbou in Afrika
droëlandproduksie behels, moet ons gewasse
ontwikkel wat in droër en warmer toestande
kan oorleef.”
Willem Botes, navorsingsleier van die US se
Planteteeltlaboratorium (US-PTL), het op sy
beurt gesê die uitdagings om voedselsekerheid
te verseker sal kommersiële landbou noop om
toenemend tegnologiese vindingrykheid na
te streef. Botes is ‘n gerekende plantteler en
nou betrokke by die DWT-Graan SA Nasionale
Koringteeltplatform.
“Nuwe kultivars en genetiese materiaal van
plante wat meer waterstres kan verduur,
is van kernbelang om die landbousektor
lewenskragtig te hou,” het hy gesê. “Nuwe
gewasse word egter nie oornag ontwikkel nie
- dit duur gewoonlik 15 tot 20 jaar. Dit beteken
dat ons toenemend sal moet ondersoek instel
na hoe ons tegnologie in produksie inspan.
“Ons moet fokus op ons vernaamste
stapelgewasse en maniere vind om intensief te
boer wat meer klimaatslim is,” het hy gesê.
23