Agri Kultuur June/July 2013 | Page 17

“ Die departement is nie vertroud met

relevante wetgewing nie en maak nie erns

daarvan om gepaste planne in plek te kry nie.

Dit is duidelik, as in ag geneem word dat die

rampbestuurplan nog nie gefinaliseer is nie,

die departement nie vir die droogtehulpskema

begroot het nie.

“Veeboere van Koopmansfontein wat verlede

jaar geweldige brande ondervind en duisende hektare verloor het, wag steeds dat die gebied as rampgebied verklaar moet word. Droogtes, vl oede en brande kom gereeld voor in die Noord-Kaap en steeds is geen plan in plek nie. Dit is krities dat planne vi r nat uurrampe dri ngend aandag moet geniet en nou geïmplementeer moet word,” aldus O'Neill-Coutts.

Sy het gesê dit is ook belangrik dat Shushu

sal verduidelik of amptenare van sy departement verantwoordelik gehou word vir die onderbesteding van fondse wat vir ramphulp verkry i s. “Pl eks van om boere i n ons provinsie by te staan, blyk dit dat die departement eerder fokus op die rekapitalisering van grondhervormings-projekte wat reeds in die verlede min of geen sukses getoon het.”

Die Vaalharts-besproeiingskema is 'n goeie

voorbeeld. Resultate van 'n studie wat reeds

in 2007 gedoen is, het bevind dat die produksie van grond wat vir grondhervorming bewillig is, baie stadig indien enigsins presteer het as dit vergelyk word met ander plase in die streek.

'n Groot persentasie van die grond is nog nooit geplant sedert die oordrag nie. Dit is ses jaar later en die departement is steeds besig om die projek

aan die gang te probeer kry. 'n Verdere R16

miljoen is hiervoor bewillig.

Na 'n hele aantal jare is die Kalahari Bokprojek

ook nog steeds nie selfonderhoudend nie en gaan die departement R2,5 miljoen in die nuwe begrotingsjaar bestee. Dit kom uit die departement se tegniese navorsings- en ontwikkelingsprogram.

“Die departement het tot op datum al meer as

R200 miljoen bestee aan die rooibosteeprojek

en steeds hoor ons nog niks.

Vanjaar gee die departement weer R500 000 vir produksie-insette en brandstof.

“ Die departement is nie vertroud met

relevante wetgewing nie en maak nie erns

daarvan om gepaste planne in plek te kry nie.

Dit is duidelik, as in ag geneem word dat die

rampbestuurplan nog nie gefinaliseer is nie,

die departement nie vir die droogtehulpskema

begroot het nie.

“Veeboere van Koopmansfontein wat verlede

jaar geweldige brande ondervind en duisende hektare verloor het, wag steeds dat die gebied as rampgebied verklaar moet word. Droogtes, vl oede en brande kom gereeld voor in die Noord-Kaap en steeds is geen plan in plek nie. Dit is krities dat planne vi r nat uurrampe dri ngend aandag moet geniet en nou geïmplementeer moet word,” aldus O'Neill-Coutts.

Sy het gesê dit is ook belangrik dat Shushu

sal verduidelik of amptenare van sy departement verantwoordelik gehou word vir die onderbesteding van fondse wat vir ramphulp verkry i s. “Pl eks van om boere i n ons provinsie by te staan, blyk dit dat die departement eerder fokus op die rekapitalisering van grondhervormings-projekte wat reeds in die verlede min of geen sukses getoon het.”

Die Vaalharts-besproeiingskema is 'n goeie

voorbeeld. Resultate van 'n studie wat reeds

in 2007 gedoen is, het bevind dat die produksie van grond wat vir grondhervorming bewillig is, baie stadig indien enigsins presteer het as dit vergelyk word met ander plase in die streek.

'n Groot persentasie van die grond is nog nooit geplant sedert die oordrag nie. Dit is ses jaar later en die departement is steeds besig om die projek aan die gang te probeer kry. 'n Verdere R16 miljoen is hiervoor bewillig.