Agri Kultuur June/July 2013 | Page 16

Die Noord-Kaapse departement van

landbou, grondhervorming en landelike

ontwikkeling hou voor sy visie is 'n

getransformeerde en lewendige landbousektor wat voedselsekuriteit bewerkstellig en volhoubare ontwikkeling voorop te stel, maar dit blyk allesbehalwe te wees. Slegs 'n illusie.

Pat r i ci a O' Nei l l - Cout t s, DA- l i d van die provinsiale wetgewer in Noord-Kaap vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling,

het in reaksie op die landboubegroting

gesê die departement se onlangse oudit het getoon dat hulle meer as R135 miljoen ontoepaslik bestee het. Hulle het ook toelae met 57% onderbestee. Dit dui weer eens daarop dat swak finansiële bestuur 'n negatiewe impak op dienslewering het.

Verlede jaar tydens die begrotingsrede het Norman Shushu, LUR vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gesê die provinsie het meer as R1 biljoen vir vloedskadeverligting gekry wat oor 'n tydperk van drie jaar aangewend moes word.

Die departement het egter net 'n skrale bedrag van R86 miljoen van R353 miljoen in die 2012/ 13 finansiële jaar vir vloedskade gebruik. Hierdie onderbesteding het daartoe gelei dat vloedskadehulp met 26% vir die nuwe finansiële jaar gesny is.

“Dit is duidelik dat die departement glad nie in staat is om rampe in die provinsie te bestuur nie. Die DA het dit geruime tyd bevraagteken, maar die departement bied net verskonings aan.