Agri Kultuur June/July 2013 | Page 18

Statistieke is

soos 'n bikini...

Daar was 'n paar veeboere vanjaar op die kongres wat hulle sterk uitgespreek het rondom sekere kwessies in die landbou, en meer so in die veebedryf. @grikultuur

plaas 'n gedeelte van Willem Loock van

Colesberg se bydrae tot die kongres (hoewel dit bietjie gesensor moes word!). Dit sou jammer wees as hierdie vir ons lesers verlore moes gaan.

Ek is die &^%$* in. Maar ek weet nie vir wie is ek kwaad nie! (Hierdie was tot groot vermaak van kongresgangers!)

Ons moet vleis bekostigbaar aan die land se mense lewer. Invoere van die buurlande soos Namibië is ‘n probleem. Wat weet van hulle van Namibiese invoere? Ek is tot vies vir die gestorwe Vleisraad.

Man ek is vies vir 'n klomp goed. Laat my dink aan die oom wat gesê het hy wil ordentlik sterf – tussen twee rowers! Aan die een kant langs die bankbestuurder

en aan die anderkant langs SARS!

Niemand weet presies wat aangaan nie, en die wat weet wil nie sê nie. Hulle gooi jou toe met statistiek, maar statistiek is soos 'n bikini, dit bedek meer as wat dit ontbloot.

As jy 1 000 skaap in die jaar verloor, beteken dit 'n verlies van tot R250 000. Dit is 'n klomp geld. Die ooreenkomste met Namibië wat betref handelsooreenkomste

is polities geïnspireer.

Statistieke word voorgehou, maar daar is baie korrupsie en bedrog. Maar ek sê nie al die skelms is in die vleisbedryf nie.

Ons moet voorbereid wees om te veg vir wat jy moet kry.

Landboutydskrifte gee baie inligting, maar ek is te mak om 'n fight te fight. Ons organisasie moet dalk 'n ondersoekende joernalis nader om die hele kwessie rondom die handels- ooreenkomste te ondersoek.

Tans is ons op die afdraende pad. Ek is nie negatief nie, maar ons gly. Ek kom uit die ou tyd uit; ek wil 'n pond vir 'n pond vleis hê.

Die Noord-Kaapse vleisbedryf het van sy lede van die kleinhandel vereer vir hulle prestasie in die onlangse Cleaver-toekennings. Van links is Rudi de Winnaar van Koki's Meat Market in Kimberley, wat in die provinsiale uitdunne 'n platinum-toekenning verower het, Koos van der Ryst, ondervoorsitter van die nasionale RPO, en Adriaan de Klerk van West End Vleismark in Kimberley, wat in die nasionale kompetisie 'n goue toekenning vir ondernemings met meer as drie kasregisters verower het. Foto: Verskaf