Photo: Santiago Nicolau via Flickr. https://c1.staticflickr.com/5/4007/4518790585_7c71144f5b_b.jpg
Die geheim van effektiewe plaagbeheer lê in die korrekte gebruik van plaagdoders asook in geïntegreerde
plaagbeheer. Dosisse moet ten alle koste korrek aangewend word om weerstandontwikkeling te voorkom.
Dit klink maklik gesê maar dit is moeilik gedaan want
dit sluit ‘n hele aantal parameters in soos onder andere
die korrekte toedieningsapparaat, kalibrering daarvan,
aanwending onder gunstige weersomstandighede,
korrekte deponering van spuitmengsel op die teiken,
ens. Plaagdoderaanwending is ‘n wetenskap, nie ‘n
alledaagse gebeurtenis nie.
elke plaagdoderetiket is daar ‘n weerstandsgroepskode: let daarvoor op en wissel af tussen verskillende
weerstandsgroepe ten einde weerstand teen te werk.
Geïntegreerde plaagbeheer is net so belangrik en dit
beteken ook ‘n hele aantal maatreëls wat in plek gestel
moet word om die peste, plae, siektes en onkruide die
stryd aan te sê. Biologiese middels wat beskikbaar is,
behoort in die plaagbestuur ingewerk te word, terwyl
landboupraktyke wat plae, siektes en onkruide teenwerk geïmplementeer behoort te word.
Suid-Afrika is vol voorbeelde van weerstand soos onder
andere die raaigras van die Wes-Kaap wat stewig teen
onkruiddoders staan. Die makadamiabedryf voel die
knyp van weerstandige stinkbesies terwyl die muskietbevolking om Durban nie veel gehoor gee aan die
peritroiede se aanslag teen hulle nie. Die riviermuggie
in die Oranjerivier is heeltemal weerstandig teen
temefos. As ons oor antibiotika begin praat is dit ‘n
redelike nagmerrie veral onder mense terwyl by die
diere dit nog nie in Suid-Afrika ‘n krisis is nie. Wat wel
onder die vee ‘n probleem is, is weerstandige wurms en
bosluise. Al hierdie weerstandige organismes is gebore
uit die misbruik van plaagdoder en medisynes. Om die
weerstand om te keer eis baie moeite en geld en daarom is voorkoming beter as beheer.
Een van die mees belangrike komponente van plaagbeheer wat gebruik word om weerstand teen te werk is
die afwisseling van verskillende klasse plaagdoders. Op
Kontak Dr Verdoorn:
[email protected]
082-446-8946
http://seedstheatre.org/wp-content/uploads/2014/07/
malaria.jpg
https://bacterialandviraldiseases.wikispaces.com/Mal
aria