Agri Kultuur July / Julie 2016 | Page 46

Marguerite Badenhorst V erskeie tipes belasting mag van toepassing wees na u afsterwe.Die Eksekuteur moet vasstel of die boedel aanspreeklik is vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) , kapitaalwinsbelasting en/of inkomstebelasting. BTW As die oorledene as ’n ondernemer geregistreer was, sal die Eksekuteur moontlik die boedel moet registreer vir BTW-doeleindes, aangesien daar BTW-implikasies sal wees. Die Eksekuteur sal moontlik uitsetbelasting aan die SuidAfrikaanse Inkomstediens moet betaal op alle bates in die oorledene se onderneming. Dit mag vir die Eksekuteur moontlik wees om die onderneming as ’n lopende Luttig Badenhorst Fourie Prokureurs saak aan ’n ander BTW-ondernemer te verkoop en hierdie transaksie vry te stel van BTW. Kapitaalwinsbelasting Die Inkomstebelastingwet bepaal dat wanneer ’n persoon sterf, hy/sy geag word om al sy/haar bates aan die bestorwe boedel te verkoop vir ’n bedrag ontvang of toegeval gelyk aan die markwaarde van sodanige bates, en die bestorwe boedel word geag om die bates aan te geskaf het vir hierdie markwaarde. Dit kan lei tot kapitale wins, wat kan lei tot die betaling van kapitaal-winsbelasting. Dit is die algemene beginsel, maar daar is uitsonderings. Byvoorbeeld, die bates wat aan die langslewende eggenoot toeval met die dood van die eersgestorwe eggenoot word nie geag as van die hand gesit met die dood van die oorledene nie. Inkomstebelasting In baie boedels is inkomstebelasting betaalbaar. Dit kan ’n invloed hê op die bedrag van die erfporsie wat aan die erfgename beskikbaar is. Boedelbelasting Boedelbelasting word tans gehef op die belasbare bedrag van die boedel teen ’n vaste tarief van 20%. Die belasbare bedrag word bereken deur ’n R3.5 miljoen primêre korting van die ‘netto waarde van die boedel’ af te trek. Die waarde van alle bates in die oorledene se boedel wat aan die langslewende eggenoot toeval ingevolge die oorledene se testament of deur intestate erfopvolging, kan afgetrek word. Hierdie is ‘n algemene inligtingstuk en moet gevolglik nie as regs- of ander professionele advies benut word nie. Geen aanspreeklikheid kan aanvaar word vir enige foute of weglatings of enige skade of verlies wat volg uit die gebruik van enige inligting hierin vervat nie. Kontak altyd u regsadviseur vir spesifieke en toegepaste advies. (E&OE) BREDASDORP