A
lle lewende organismes is aanpasbaar. Dit
beteken dat wanneer daar een of ander
uitdaging voor die deur van ‘n organisme
staan, die bevolking daarvan bepaalde
meganismes gebruik om daardie uitdaging die hoof te
bied. In terme van peste, plae, siektes en onkruid is die
grootste uitdaging wat sulke organismes ooit ondervind die gebruik van plaagdoders en medisyne om hulle
te beheer of uit te wis.
Dr Gerhard H Verdoorn
Griffon Gifinligtingsentrum
doder verkeerd gedoseer word, met ander woorde te
min of te veel word toegedien, is die pad na ‘n totaal
weerstandige bevolking mooi geplavei.
In enige bevolking van lewende organismes bestaan
daar altyd ‘n verskeidenheid genotipes. Onder die
genotipes is daar indiwidue wat hoogs vatbaar vir ‘n
stessor soos plaagdoders is. Daar bestaan ook indiwidue wat hoogs weerstandig teen dieselfde stressor is
soos byvoorbeeld plaagdoders. Die gemiddelde deel
van die bevolking is meestal redelik vatbaar vir so ‘n
stressor.
Te min plaagdoder beteken dat slegs ‘n gedeelte van
die bevolking wat vir die plaagdoder vatbaar is, uitgewis word en dat van hulle oorbly. Wanneer hulle met
die totaal weerstandige deel van die bevolking teel is
daar nou nie alleen ‘n totaal weerstandige persentasie
van die bevolking nie maar ook ‘n nuwe deel van die
bevolking wat nou begin weerstand teen die plaagdoder het. Met die volgende teelseisoen is daar weer ‘n
investering van weerstandigheid in die effens weerstandige deel van die bevolking en as die proses herhaal word, is daar binne enkele geslagte net weerstandige indiwidue oor. Dit is waar enige plaagbeheer
eindig want die plaagdoder gaan nie meer die spesies
kan aantas en beheer nie.
In plaagbeheer is daar ‘n intrinsieke probleem naamlik
dat die oomblik as plaagbeheer toegepas word, die
verspreidingskurwe van die genotipes in die bevolking
versteur word. Waar meeste indiwidue in die bevolking
deur die plaagdoder aangetas en gedood sal word, is
daar die enkelinge wat baie min of glad nie deur die
plaagdoder aangetas sal word nie. Indien die plaag-
Aan die ander kant is daar ook ‘n probleem wanneer te
veel plaagdoder toegedien word. te veel plaagdoder
beteken dat al die vatbare indiwidue uitgewis word en
slegs die weerstandiges oorbly. Wanneer die broeiseisoen aanbreek is daar geen vatbares oor nie en net
die weerstandiges teel om dan skielik ‘n totaal weerstandige bevolking voort te bring.
http://gmoeffects.wikispaces.com/file/view/gmo_spray_pesticide_ah_23335.jpg/324448340/gmo_spray_pesticide_ah_23335.jpg