onderhou word. Dit is belangrik
dat genoeg vreetspasie toegelaat
word waar diere intensief gevoer
word. Wanneer lekke voorsien
word met ureum en
groeistimulante moet diere eers vir
die eerste week skoon sout
ontvang. Onderstaande tabel is ‘n
voorbeeld van ‘n produksielek wat
self gemeng kan word en daarop
gemik is om die rumen en
weidingsinname te stimuleer.
Grondstof
Hoeveelheid in kg per ton
Graan (bv. mielies/gars/hawer)
487
Oliekoekmeel (bv. katoen OK/kanola OK)
250
Sout
150
Ureum
35
Molassestroop/meel/poeier
25
Mono kalsium fosfaat
25
Voerkalk
20
Vitamien en minerale voormengsel
5
Voerswawer
2
Groeistimulante/ionofore
Soos aanbeveel deur Veekundige
Alternatiewe voerbronne
Somtyds is alternatiewe voerbronne
as droogtegewasse of as
neweprodukte van ander industrieë
as veevoer teen billike pryse
beskikbaar. Onderstaande is
enkele van die alternatiewe
voerbronne wat beskikbaar mag
wees. Weereens sal vervoerkoste ʼn
belangrike faktor wees met die
gebruik van alternatiewe
voerbronne veral bronne met ‘n hoë
voginhoud, omdat vir die vervoer
van die vog/water ook betaal word.
Om die werklike voedingswaarde te
bereken en met ander bronne te
kan vergelyk moet die
voedingswaarde van die bronne
eers op ‘n droë-basis bereken word.
Dit word eenvoudig gedoen deur
die nutriëntwaarde van die voer te
deel met die droëmateriaal-inhoud
van die voer (bv. indien die TVV van
appelpulp 30% is en die pulp 60%
vog bevat is die TVV op ‘n droëdosis 30/0.4 met ander woorde
75% TVV op ‘n 100% droë basis.
Die vog of water gedeelte wat in
die geval 600 kg per ton is moet
egter in berekening met die prys
van die voer gebring word. Indien
die pulp byvoorbeeld R 500 per ton
kos is die ware prys op ‘n
droëmateriaalbasis R 1 250 per ton.
Indien u van hierdie alternatiewe
voerbronne wil gebruik moet u
verkieslik ‘n veekundige raadpleeg
om te verseker dat die insluiting van
die voerbronne aan u spesifieke
behoefte sal voldoen.
Hoendermis
Gesteriliseerde hoendermis en
word somtyds vir onderhoud en in
lekke van diere in droogtetye deur
produsente gebruik. Kuikenhokmis
(15-16% ruproteïne en 45% TVV op
‘n droë basis) is ‘n beter produk
om te gebruik as lêhenmis, omdat
laasgenoemde gewoonlik te nat is.
Volgens wet moet die hoendermis
gesteriliseer wees (om skadelike
organismes te dood) voor gebruik
in dierevoeding, anders is die voer
daarvan teen die wet. Hoendermis
as veevoer (gewoon of
gesteriliseerd) hou egter steeds
risiko in wanneer dit vir diere
gevoer word en eerstens moet diere
ingeënt wees teen lamsiekte
(clostridium botulinum) voordat dit
gebruik kan word. Ander gevare is
die teenwoordigheid van sekere
ionofore of groeistimulante (bv.
maduramycin) wat dodelik kan
wees vir alle herkouers asook te hoë
kopervlakke vir skape. Verder kan
toksiene a.g.v. swamgroei, weens
hoë vog in die mis, aborsies by
dragtige diere veroorsaak. Voordat
hoendermis in veevoer of lekke
gebruik word behoort die
produsent eers met ‘n
https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/7/78/Florida_chicken_house.jpg