Agri Kultuur February / Februarie 2016 | Page 7

Voerbron TVV (%) Ruproteïene (%) Mielies 87.68 9.73 Lupiene 85.25 28.82 Gars 82.19 11.62 Mieliekoppe 78.63 10.26 Brouersgraan 74.40 21.10 Koringsifsels 71.88 14.99 Hawer 65.97 10.12 Lusernhooi 58.74 17.13 Hawerhooi 58.36 6.49 Garsstrooi 55.54 3.47 Mieliereste 53.85 5.16 Koringstrooi 45.45 2.51 Voedingstof behoeftes van diere Produserende diere en jong groeiende diere het ‘n baie hoër voedingstof-behoefte as die van diere wat slegs gevoer word vir onderhoud. Verder moet dragtige diere ook ‘n hoër kwaliteit voer ontvang weens die beperking op Ras en status die rumen a.g.v. die spasie wat die fetus in beslag neem. Die volgende tabel gee die voedingsbehoeftes van onderskeidelik droë, dragtige en lakterende Suid-Afrikaanse Vleismerino (SAVM) en Merino-ooie weer. Die energie-behoeftes van lakterende ooie is dus ongeveer 2.5 maal hoër en die proteïen-behoefte ongeveer 3 maal as die van ‘n droë ooi. Indien moontlik is dit dus noodsaaklik om die nageslag so gou as moontlik te speen sodat die ma kan oorleef. Droë SAVM-ooi Droë materiaal behoefte (g/d) 1.2 kg TVV behoefte (g/ooi/ dag) 660 g Proteïen behoefte (g/ ooi/dag) 113 g Dragtige SAVM-ooi 1.8 kg 1060 g 193 g Lakterende SAVM-ooi 2.5 kg 1630 g 334 g Droë Merino ooi 1.1 kg 610 g 104 g Dragtige Merino ooi 1.7 kg 1000 g 184 g Lakterende Merino ooi 2.3 kg 1500 g 319 g Aanpassing vanaf die veld Diere wat vanaf die veld of honger diere wat te vinnig aan hoë stysel diëte blootgestel word vrek maklik a.g.v. asidose of suurpens. Dit is dus noodsaaklik dat die diere oor ‘n tydperk van ten minste 2 weke aangepas word deur die eerste week slegs 300 gram konsentraat plus hooi en die tweede week slegs 500 gram konsentraat plus hooi te voorsien. Daarna kan die gekonsentreerde voer vrylik voorsien word. Dit is egter uiters belangrik dat die voer steeds goed gebuffer is deur voldoende insluiting van voerkalk, koeksoda of ander kommersiële buffers. Indien die konsentraatvoere met hoë vlakke van stysel nie goed gebuffer is nie sal die diere swak produseer en chroniese diarree hê. Aanvang van droogtevoeding Volgens Jacobs en Hayward (1981) moet daar met byvoeding begin word voordat ooie in ‘n goeie kondisie meer as 15% van hulle aanvanklike massa verloor het. Voerbronne Wanneer daar nog genoeg ruvoer op die veld beskikbaar is, is dit lonend om die diere slegs van ‘n produksielek te voorsien wat daarop gemik is om die dier se rumen asook inname van weiding vanaf die veld te stimuleer. Dit is ongeveer 5 maal duurder om diere intensief in krale te voer as wanneer hulle op weiding