Foto: Chris Kriel
D
roogtes van variërende
intensiteit is ‘n
algemene verskynsel in
Suid-Afrika, en meer as
die helfte van die subkontinent is
onderhewig aan periodieke
droogtes. Die huidige droogte is
egter een van die mees
wydverspreide droogtes in SuidAfrika in die onlangse tye. Die
handhawing van die status van die
veldweiding, as goedkoopste bron
van voeding vir herkouerproduksie,
moet die basiese uitgangspunt
van ‘n droogtestrategie wees,
alhoewel dit baie moeilik is om te
handhaaf tydens rampdroogtes
soos die huidige een. Die
benadering tot droogtevoeding sal
verskil van streek tot streek en kan
die vorm aanneem van aanvullende
voeding tydens seisoenale
droogtes, beskikbaarstelling van
droogtebestande voergewasse in
streke wat onderhewig is aan
periodieke droogtes tot
oorlewingsvoeding tydens
rampdroogtes waar diere van die
veld onttrek moet word tot
onderhoudsvoeding waar
kernkuddediere slegs genoeg voer
Artikel deur Prof Ters Brand
Direktoraat Veekundige Wetenskappe,
Departement van Landbou: Wes-Kaap
ontvang om hulle liggaamsmassa
te handhaaf of selfs net te oorleef.
Die volgende praktiese wenke mag
help met die besluitneming tydens
rampdroogtes.
Voerbenodighede met
kraalvoeding
Een 60-kg ooi benodig ongeveer
1.5 kg droëmateriaal per dag om
haar liggaamsmassa ten minste te
handhaaf. ‘n Troppie van 100 ooie
benodig dus ongeveer 55 ton voer
per jaar. Indien goedkoop /eie
geproduseerde voer beskikbaar is
teen ongeveer R 2 000 per ton sal
dit dus R 110 000 per 100 ooie of
R 1 110 per ooi per jaar kos slegs
aan onderhoudsvoer. Indien die
ooi in produksie is praat ons van
ten minste 2.3 kg droëmateriaal
per ooi per dag en met ‘n prys van
R 2 500 per ton vir voer kos dit dus
R 2 100 per ooi per jaar slegs aan
voer, sonder die voerkoste vir die
lam. Indien moontlik moet die
getal diere wat dus ten volle
gevoer moet word dus beperk
word, anders kan die waarde/koste
van die voer die waarde van die
diere oorskry.
Koste en waarde van voer
Die totaal verteerbare voedingstof
(TVV) en ruproteïen-inhoud van
enkele van die belangrikste rou
grondstowwe vir veevoer (100%
droëmateriaal-basis) word in die
onderstaande tabel weergegee.
Tydens droogtes is veral die
energie inhoud (TVV) van belang,
hoewel die ruprotein-inhoud ook
‘n belangrike rol speel in die koste
van die voer. Proteïen-tekorte kan
egter in ‘n onderhoudsvoer met
redelike bekostigbare nie-proteïen
stikstof (NPN in die vorm van
byvoorbeeld ureum) aangevul
word. Dit is dus belangrik om die
waarde van die voer met die prys
daarvan te vergelyk om ‘n ingeligte
besluit te kan neem. Waar eie
geproduseerde ruvoer ‘n
belangrike bron van
droogtevoeding mag wees is dit
moontlik dat dit beter mag wees
om konsentrate as aanvulling in
plaas van ruvoer aan te koop
weens die hoë vervoerkoste van
veral laegraadse ruvoer.