Waar begin ‘n mens om die onwerklikheid
van so ‘n blommereis te beskryf? Dit is nie
moontlik nie en foto’s daarvan vertel maar net
‘n klein gedeelte van die werklikheid. As plate
en plate geel, pers, oranje en wit skakerings
die kunstenaar in jou siel wakker maak en jy
hardop wens jy kon dit op ‘n doek vaslê; of as
jy sien hoe oud en jonk op hul knieë neersak
om die wonder van die skepping in detail van
nader te beskou. Glo my, die wêreld bring jou
op jou knieë, letterlik en figuurlik; die mense
blomkykers het almal so ‘n verafuitdrukking in
die oë, so asof hulle op die wolke loop.
AgriKultuur |AgriCulture
57