Agri Kultuur August / Augustus 2018 | страница 56

Op dag twee pak ons die langpad oor Vanrhynsdorp na Nieuwoudtville aan waar my vooraf-navorsing blomme en nogmaals blomme beloof het. Vir die wat nog onkundig is oor die streke se blomme is dit ‘n moet om vooraf jou navorsing te doen en om vas te stel waar jou beste kykplekke is aangesien dit baie kan wissel en grootliks deur goeie reënval op die regte tyd bepaal word. Nieuwoudtville is en was nog altyd een van my gunsteling dorpies as dit by blomme- kyk kom en is ons weereens nie hierdie jaar teleurgestel nie. Stop maar gerus by die Skuinskoek Paleis, eet skuinskoek en drink koffie of gryp ‘n roosterkoek vir die pad. Moenie vergeet om sommer met die dames te gesels oor die blomme nie, glo my, hulle weet waar wat is, hoe om daar te kom en wat jy daar kan sien. Ons het so gemaak en was nie spyt nie. Hester van Wyk en Leonie Demas van die Skuinskoekpaleis met ‘n baksel vars skuinskoek AgriKultuur |AgriCulture 56