My gesin en ek het hierdie jaar die geleentheid
gehad om die blomme heerlikheid te kon
besoek. Hoewel ek maar my bedenkinge
gehad het of dit die regte plek is om tieners
heen te neem, het ons nietemin, in die pad
geval met genoeg warm klere om die dun
luggie van dié wêreld aan te durf.
Met Lambertsbaai as ons ons basis vir die
langnaweek, het ons die pad gevat en rus-
rus gery met ‘n verwagting wat grens aan ‘n
besoek aan die Kruger Park. Sommer vroeg
vroeg, na ‘n koffietjie by Evita se Perron op
Darling, het ons die eerste blomme begin kry
soos wat hulle skaam-skaam hul kleur aan die
son begin wys.
Ongelukkig is ‘n besoek aan die
blommewêreld ook ‘n tyd om keuses te maak
en mag dit gebeur dat jy soms plekke met
mooi blomme noodwendig sal mis of dat
die tyd van die dag en die stand van die son
‘n groot invloed sal hê op hoe en waar jy dit
net reg sal tref. In hierdie geval moes ons
ná Yzerfontein maar verby Langebaan en
Saldanha hou om op Vredenburg weer te stop.
By Elandsbaai het ons ons eerste asem-
wegslaan-ervaring gehad met plate en plate,
hoofsaaklik wit madeliefies en het die groot
blommekyk begin. Sorg maar dat jou kamera
of slimfoon se batterye deeglik gelaai is, want
nes jy dink hierdie is nou die beste skoot, kyk
jy uit ‘n ander hoek en neem jy maar nog ‘n
foto en nog een en tot die die battery pap is of
geheue vol is!
So stop-stop kom ons uiteindelik in
Lambertsbaai. Nou moet ek sommer dadelik
byvoeg, die blommewêreld is nie net bekend
vir sy blomme nie, maar beslis ook vir die
ingebore gasvryheid van sy mense. Hier word
jy sommer so in die verbygang deur ieder en
elk vriendelik gegroet en is jou ontvangs altyd
gasvry en met eerlike oorgawe.
AgriKultuur |AgriCulture
55