Agri Kultuur August / Augustus 2018 | Page 58

Ons dag drie het ons oor een van die mees besondere bergpasse, die Pakhuis pas ons tog na Wupperthal geneem. Die bergpas met sy baie aftrekplekkies is self ‘n belewenis, enig in sy soort en bring jou in aanraking met ‘n vreemdsoortige en unieke plantereeks wat wissel van die skame Sondou tot die skaars Sederboom van die Sederberg. Dié pas is jou direkte toegang tot die pragtige Biedouwvallei. Die plaaslike boere van die bekende vallei beperk die weiding van die vallei gedurende die blomseisoen om aan die besoeker die wonder van die blommeprag ten beste ten toon te stel. Geel en wit Kappieblommetjies (nemesias) meng hier met blou Sporrie, Gazania’s, pers Sambreeltjies en ‘n verskeidenheid van vygies, genoeg om jou asem weg te slaan. AgriKultuur |AgriCulture 58