daaropvolgende somerreënvalseisoen nie. Die enigste wat wel dikwels ‘n verband het, is dat ‘n koue
winter ‘n aanduiding is van ‘n vroeë
reënvalseisoen. Dit is ook baie keer
gekoppel aan ‘n El Nino-verskynsel
waar koue fronte baie sterk en
verder noord as normaal voorkom.
Dit word veroorsaak deur redelik
goed ontwikkelde laagdruk-stelsels
wat oor die sentrale tot westelike
binneland begin ontstaan van Augustus tot Oktober en redelike
goeie somerreënvalneerslae tot gevolg het. Dit is egter dikwels ‘n aanduiding van droër toestande later in
die seisoen.
Wat is die stand van El Nino en
ander faktore wat landbou
produksie kan beinvloed?
Daar is reeds sedert Mei 2014 aanduidings van ‘n verwarming van
see-oppervlaktemperature in die
Nino-gebiede van die Stille Oseaan.
Hoewel daar in die laaste tyd ‘n
effense laer intensiteit El Nino voorspel word, is die kanse steeds meer
as 70% dat ‘n matige El Nino gaan
heers tot ongeveer die herfs van
2015. El Nino is egter nie altyd verantwoordelik vir droogtes nie, hoewel van die ergste droogtes wel
voorgekom het tydens El Nino-jare.
Daar is ook ander faktore wat ‘n rol
speel om die effek van El Nino te
bepaal. Die eerste een is die stand
van see-oppervlaktemperature in
die Stille Oseaan. Dit bepaal of tropiese siklone nader of verder van
die Afrika kuslyn gaan voorkom.
Tropiese siklone kom in die periode
van Desember tot April voor en
veroorsaak ‘n versteuring in reënvalpatrone indien dit te naby aan
die Afrika kontinent voorkom. Die
piek voorkoms van siklone is ook
gedurende die tydperk wanneer
somergraangewasse op hulle gevoeligste is vir veral droogtestremming naamlik Januarie tot Maart.
Tropiese siklone veroorsaak baie
swaar reën rondom die kern van die
sikloon, maar droë toestande verder
weg van die kern. ‘n Ander faktor
wat die uitwerking van ‘n El Nino
op graanproduksietoestande kan
beïnvloed is die hoeveelheid grondwater wat in landerye gestoor of
beskikbaar is vòòr die aanvang van
El Nino-toestande. So byvoorbeeld
kan normale of selfs bo-normale
reënval sorg dat weidings in ‘n
swak toestand steeds nie normaal
gaan herstel nie terwyl ondergemiddelde reënval bestaande weidings in ‘n goeie toestand byvoorbeeld vinniger laat produseer.
Artikel geborg deur:
Soortgelyk met graanproduksie
waar baie beskikbare grondwater
tydens planttyd kan toelaat dat
minder reën gedurende die reënseisoen kan voorkom en steeds goeie
produksies kan lewer.
Wat betref die Indiese Oseaan toon
voorspellings dat tropiese siklone se
effek waarskynlik minder prominent
op weerspatrone oor suidelike Afrika gaan wees aangesien die warmer
oppervlakwater waarskynlik nader
aan Australië gaan wees as aan die
Afrika kontinent. Dit is positief vir
reënval, maar grondwatertoestande
in veral die sentrale tot westelike
somergraan produserende gebiede
is tans nog baie swak en moet baie
reen dus voorkom om grondwatervlakke aan te vul. Daar is egter ‘n
bogemiddelde kans vir reën wat
kan voorkom in die lentemaande
wat grondwatervlakke dalk kan
aanvul.
Hoe kan die seisoen vorentoe
daar uitsien?
Wat somergraanproduksietoestande betref lyk toestande tans ondergemiddeld. Daar is min grondwater,
die onsekerheid oor El Nino, die
baie lae graankommoditeitspryse en
arbeidrisiko laat vooruitsigte effens
negatief daar uitsien. Aan die an-