der kant is daar ook positiewe faktore soos ‘n baie goeie 2013/14somergraanoes met bogemiddelde
opbrengste en ook goeie inkomstes
wat behaal is asook die positiewe
siening dat 2014/15 se El Nino nie
te ernstig ’n uitwerking op graanproduksie nie (hoewel dit baie
vroeg in die seisoen is).
Dit is egter van uiterste belang dat
graanprodusente baie goeie grondwater-bestuur doen om alle beskikbare reën ten beste te benut deur
byvoorbeeld so gou as moontlik
landerye te bewerk, onkruidbeheer
toe te pas en seker te maak landerye word so bewerk om maksimum
water-infiltrasie en waterretensie in
die wortelsone te verseker. Daar
moet ook herbesin word of spesifieke grondtipes en landerye nog
winsgewend verbou kan word, gegewe die lae graanpryse en hoë
insetkostes.
Baie veeboere is tans ook nog onder
druk as gevolg van droogtes oor
veral die sentrale tot westelike dele
van die land die afgelope ten minste drie jaar. Weidingstoestande het
nog nie na wense herstel nie en
daar is heelwat produsente wat
kuddes moes verklein. Daar is dus
baie plase in veral die Vrystaat,
Noordwes, Limpopo en die NoordKaap wat tans nie volle kuddes het
nie omdat veld nog nie volledig herstel het nie maar ook omdat die
droogte boere se kontantvloei ernstig benadeel het. Toestande lyk
baie beter in die meer oostelike
provinsies en veral in die Oos-Kaap
en KwaZulu-Natal.
Wat die winterreënvalgebied betref
lyk toestande oor die algemeen redelik goed met ‘n paar goeie reënvalseisoene agter die rug. Die
Artikel geborg deur:
sikliese aard van reënval in die WesKaap is egter ‘n groot bekommernis
want die geskiedenis het getoon
dat daar reekse van goeie maar ook
reekse van swakker produksiejare is.
Om op te som:
Die kanse is baie goed dat ‘n El
Nino-verskynsel kan voorkom wat
reënval patrone kan beinvloed, veral
gedurende die lente en somer. Daar
is egter ander faktore soos die
stand van die Indiese Oseaan se
see-oppervlaktemperature wat op
meer positiewe reënvaltoestande
dui. Landboutoestande is oor die
algemeen gemiddeld tot swakker
oor veral die sentrale tot westelike
dele van die land met min grondwater en weiveld wat nog nie herstel het van die droogtes van die
afgelope paar jaar nie. Beter toestande heers oor die res van die
land.