Artikel deur Johan van den Berg
SANTAM LANDBOU
D
ie winter van 2014 sal onthou word as ‘n relatief
koue winter. “Relatief” omdat dit kouer was as die laaste
klompie winters, maar goed vergelyk met die langtermyngemiddelde
temperature. Daar was wel ‘n paar
dae met byna rekord lae minimumtemperature met heelwat plekke
waar minimum temperature van
laer as -7oC op meer as een geleentheid gemeet is.
Een van die redes vir die lae temperature is die min lugvog vanjaar.
Die grootste gedeelte van die Somerreënvalgebied het baie min reën
gehad van ongeveer Maart 2014
wat uiters lae lugvogtoestande tot
gevolg gehad het. (Lugvog dien as
buffer om hitte-energie uitstraling
vanaf die aarde terug na die atmosfeer te beperk). Min lugvog
veroorsaak ‘n sogenaamde “woestynklimaat” met baie energie wat
bedags ongehinderd die aarde se
oppervlak bereik en baie warm
word en snags die teenoorgestelde.
Tweedens is daar sedert Mei 2014
in ‘n swak El Nino-fase inbeweeg
wat ook gewoonlik meer koue
fronte wat ook verder noordwaarts
as normaal beweeg, veroorsaak.
Wat dalk die winter so “koud” gemaak het of as baie koud ervaar is,
is dat daar relatief lang periodes
met baie lae temperature was. So
byvoorbeeld was die minimumtemperature gedurende die periode van
6 tot 15 Julie elke dag -5oC of kouer
oor groot gedeeltes van die sentrale
binneland. Dit is veral in die Oos- en
Noord-Kaap waar temperature baie
laag was. By ‘n weerstasie in die
Colesbergdistrik is daar byvoorbeeld
Artikel geborg deur:
op 5 agtereenvolgende nagte minimumtemperature van –9oC of laer
gemeet:
6 Julie
-9.68oC
7 Julie
-9.0oC
8 Julie
-11.14oC
9 Julie
-11.45oC
10 Julie
-11.84oC
Wat die winterreënvalgebied betref
het veral die wynlande van die Suidwes-Kaap redelike goeie neer-slae
gekry saam met die koue fronte. Die
Wes-Kaapse binneland het egter
minder reën gekry.
Is die koue winter ‘n aanduiding
van ‘n goeie somerreënvalseisoen?
Daar is nie regtig ‘n verband tussen
die intensiteit van ‘n winter en die