Zwarrie W's 1/2019 Zwarrie W's 2019 - 1 | Page 3

Oor mense: Jou vark! Jy is treurig. Jou dom on- nosele mens. Jy maak my siek! En oor jouself: Ek kan nie. Ek is moeg. Ek is siek. Ek is sat. Ek is af. Ek is depressief. Ek glo nie meer nie. Ek is vet. Ek is lelik. Ek is sonder talent. Ek is bang.... Ek is kragteloos. Hopeloos! Op pas wat jy sê. As die woorde wat by jou mond uitkom, negatief en onopbouend is, het dit ‘n negatiewe effek - op jou en almal wat jou aanhoor. “Words are singularly the most powerful force available to humanity. We can choose to use this force constructively with words of encouragement, or destructively using words of despair. Words have energy and power with the ability to help, to heal, to hinder, to hurt, to harm and to humiliate.” Snoei aan die onkruide in jou woordeskat - om meer en meer woorde van LEWE te spreek in plaas van dood. Oor die land, oor mense...oor jouself. Lig jouself en ander met jou woorde. Woorde is nie net letterjies nie. Dis gelaai met KRAG. Krag om op te bou of krag om te vernietig. Skinder jy maklik? Is jy lief om slegte nuus aan te dra? Onmin tussen mense te saai? Kla jy gereeld - sommer as ‘n gewoonte! Kom ons deurdink ons woorde in God se Stilte – in ons gedagtes! Proe hulle in jou gedagtes. Voel die uitwerking van die woorde wat jy wil sê. Sit vandag daai handrem op al die suur woorde. Die snydende woorde. Die wrede woorde. Die woorde wat jou en ander afbreek en beperk. Jou gedagtes bly die enjin wat jou woorde aan- vuur. Die Woord se duidelik, dit wat in jou ged- agtes (jou hart) omgaan, bepaal jou hele toekoms. En ander s’n... Vergun my twee metafore oor jou gedagtewêreld: 1. Die ma’s in elke huishouding is tans op ‘n dieet – so die hele huishouding eet tans net blare. Oor die afgelope feestyd het die tafels gekreun van al die krismiskoek en braaivleis – Ma weeg haar gewig nou op die rigterskaal en die hele huis is nou op ‘n dieet. As jy gewonder het, die blare wat nou die huishouding se stapelvoedsel geword het, se funksie is om jou te detox – jou te ontgif. Die uitdaging aan elke Zwarrie-huishouding in konteks van ons jaartema is dat ons ons denke op ‘n dieet sal plaas – op ‘n detox. In sy boek “ReThink your life. A unique diet to renew your mind“ skryf Stan Toler dat enige dieet op die beginsel werk dat jy vir sekere goed nee sê en vir ander ja. En een van die eerste goed wat enige dieet uitsny is “junk food“. En dan skryf hy dat ons denke oorgewig is omdat dit gevoed word deur te veel “junk“ en dat ons ons denke op ‘n dieet moet sit. En dan maak hy ‘n groot ding van die ongesonde spyskaart wat deur die media aan ons voorgesit word – dit wat jou sensories stimuleer. En dan stel hy voor dat ons dalk op meer as net ‘n media-dieet moet gaan – ons moet dalk op ‘n media-vas gaan. Hy skryf: “I find television very educating. Every time somebody turns on the set, I go into the oth- er room and read a book“. “Greatly reduce the amount of data you consume, and with the time you save, renew your focus on the Creator of your mind“. Hy skryf: “What’s worse than having a junky body? Having a junky mind“. Die uitdaging aan die Zwarrie-familie is om media te kies wat jou denke voed en positief stimuleer. 2. Die tweede metafoor wat ek wil deurtrek na jou gedagtes toe, is my motor wat ek nou onlangs vir ‘n “Valet“ gevat het. Toe ek hom terugkry, was hy splinternuut. Toe ek daar wegkry, dink ek dit is dalk net nodig dat ek my gedagtes ook moet inboek vir ‘n Hemelse “Valet“ Om hom skoon te spuit van alle negatiwiteit. Ek sluit af: Net jy kan besluit wat jy in jou ged- agtewêreld gaan toelaat. Net jy het beheer oor jou gedagtes. Jy kan sekere gedagtes verban, of wei- er, en ander verwelkom. Dis jou keuse wat jy daar toelaat. Wees net baie bewus van die feit dat dit uiteindelik ook jou woorde en dade gaan bepaal. Die sleutel om in beheer jou lewe te wees is om in beheer jou gedagtes te wees. In Zwarrieland gaan ons jou in 2019 leer om jou denke positief te oefen en jou selfgesprek positief te kleur, sodat jy ‘n wenner kan wees. Jy gaan loods van jou eie positiewe denk- en praatvlug wees. En ja, in alles bely ons ons afhanklikheid van die Here – sonder Hom kan ons niks doen nie!