Zwarrie W's 1/2019 Zwarrie W's 2019 - 1 | Page 2

Uit die hoof se pen J aartema word bekend gemaak Baie welkom hier waar ons as Zwarrie-gemeenskap in die wegspringblokke van 2019 is. Die jaartema word jaarliks ingeweef in alles wat ons doen – dit raak deel van die hartslag van Hoërskool Zwart- kop. In 2018 was ons tema “Zwarrie, jy is vir wen be- doel!” Jy kan egter nie ‘n wenner wees, as jy nie soos ‘n wenner dink en praat nie. Die tema vir 2019 is dan “Zwarries dink en praat positief ” Meeste mense bereik nooit hulle volle potensi- aal nie, omdat hulle beperk word deur vergiftigde denke oor hul eie vermoëns. Sulke mense praat ook negatief. Alles begin altyd in die denke. Die denke ontkiem in woorde. Die moderne mens word geteister deur ‘n epide- mie: die virus van negatiewe denke. Baie mense besoedel hul eie potensiaal deur negatiewe ged- agtes, wat oorgaan in negatiewe woorde en wat dan noodwendig jou aksies en prestasies rem. Die grootste ontdekking wat ’n mens in die lewe kan maak, is dat jy jou lewe kan verander deur die ingesteldheid van jou gedagtes te verander. As jy jou denke verander, is die natuurlike uitvloeisel dat jou selfspraak verander, jou verwagtinge verander, jou houding verander, jou gedrag verander, jou prestasie verander en jou hele lewe verander. ‘n Slim wysgeer het gesê: “Nurture your mind with great thoughts, for you will never go any higher than you think”. Praat soos jy wil wees en jy sal wees soos jy praat – dit is ‘n geestelike wet wat jy daagliks in jou lewe moet loslaat! As u gedink het ek is met een of ander New Age filosofie besig, dan stel ek graag die Woord van God aan die woord: Mat 22:37 – “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand” Hier word nie gepraat van ‘n halwe ver- stand nie, maar van jou hele verstand. Rom 8:5, en ek haal aan uit die Amplified Bible – “For those who are according to the flesh and are controlled by its unholy desires, set their minds on and pursue those things which gratify the flesh, but those who are according to the Spirit and are controlled by the desires of the Spirit set their minds on and seek those things which gratify the Holy Spirit”. Rom 12:2 - “Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verand- er deur julle denke te vernuwe“. Fil 4:8 gee vir ons ‘n inventarislys van dit waaroor ons alles moet dink – “Alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit“. ‘n Ander vertaling sê – “daarop moet julle julle ged- agtes rig“. 2 Kor 10:5 – “Neem elke gedagte gevange tot gehoorsaamheid aan Christus“. Boei met ander woorde jou gedagtes. En dit is dan jou gedagtes wat jou woorde word. Kom ons plaas gou ons woorde onder die verg- rootglas. Iemand het tyd terug gesê dat hy besluit het om ‘n bietjie te vas. Nee nie van kos nie – ‘n Vas van woorde. En dan sê hy hy hou hulle in sy gedagtes en bekyk hulle – het hulle nut, óf is dit sommer net geluide. Ons praat so maklik en so baie..... nonsens. Tot ‘n mens besef hoeveel krag daar in die gesproke woorde is. Die hele Skepping het tot stand gekom met WOORDE. Wat sê jy met jou woorde? Oor die land: Die land is in sy maai. Die land is korrup. Bankrot. ‘n Nare plek om in te woon met nare mense.