Stabilis Julie 2019 Stabilis Julie 2019 | Page 3

Nuus Grey College Secondary July 2019 Sierlike ingangshekke pas by beeld van skool Nodige opgradering kan ook sorg vir verbetering van toegangsbeheer by Grey Aan die begin van die tweede kwartaal het die nuwe ingangshekke hul formele buiging gemaak as toevoeging tot die bestaande fasiliteite van Grey Kollege. Mnr Hennie Nel, sekuriteitshoof van die skool, sê: “Die estetiese waarde van die nuwe hekke kan nie onderskat word nie. Dit dra baie by tot en pas aan by die algemene voorkoms van die ander geboue op die skoolgronde.” Daar word gevoel dat dit ‘n blywende positiewe indruk skep wanneer die terrein binnegekom word – iets wat paslik is vir ‘n skool van Grey se gehalte. Dit was ook nodig om ‘n ekstra sekuriteitswag aan te stel, want daar is meer ingange met die vier valhekke by die Nelson Mandelaweg-ingang. Die wagte vind hul werksomstandighede darem makliker as voorheen. “Daar is ordentlike lessenaars en stoele, sowel as ‘n goed-toegeruste badkamer en ‘n skottelgoed-wasbak. Hulle kan dus koffie en tee maak,” sê mnr Nel. Oor die algemeen is die sekuriteit ook beter. Die valhekke maak dit moeiliker om net deur te ry en direkte toegang te verkry. Beheer oor wie inkom en wie uitgaan is dus baie beter as voorheen. Dit skep ‘n meer professionele beeld van die skool en die toegangsbeheer by die skool. “Die beligting is heelwat beter as voorheen. Dit maak toegangsbeheer snags heelwat makliker as in die verlede,” sê mnr Nel. Die ingange se konstruksiehoogte verseker dat so te sê alle voertuie toegang tot die skoolterrein kan verkry, selfs Paul Al lyk die nuwe ingangshekke na die voltooide produk, word verdere sekuriteitsverbeterings beplan. Roos se “Sleepliners”. Mnr Nel sê die volgende oor die toekoms: “Ons beplan om kamerastelsels te installeer wat soortgelyk is aan dié van die universiteit (UV). Hierdie stelsels is baie effektief deurdat nommerplate en selfs gesigte geïdentifiseer kan Grey kry ‘n oud-Grey as onderwyser terug Mnr Meyer van Tonder is terug by die skool waar hy in 2011 gematrikuleer het. Mnr van Tonder het as personeellid by die skool aangesluit aan die begin van die tweede kwartaal vanjaar. Soos reeds genoem – hy is glad nie onbekend met Grey Kollege nie. Hy het vir die eerstespan en die Cherries rugby gespeel asook krieket vir die skool se tweedespan. Van sy spanmaats in die oefengroep by die eerstespan en Cherries het ingesluit Tienie Burger, Henco Greyling, Dries Swanepoel en Jan Serfontein. Na matriek het hy onderwys by die Sentrale Universiteit van Te g n o l o g i e i n B l o e m f o n t e i n gaan studeer. Hier het hy ook die Ixias (CUT se rugbyspan) tydens die Varsity-beker as heelagter verteenwoordig. Terwyl hy studeer het, was hy die hele tyd betrokke by Grey se Mnr Meyer van Tonder voor die krieket-ovaal. Foto: Eduard Büchner rugby. Hy was deel van die onder 14 A- en B-spanne se afrigtingspan, en was ook die C- en D-rugbyspanne betrokke. Sy betrokkenheid van vyf jaar is met groot sukses bekroon. Voordat hy gekontak is in verband met die pos by Grey Kollege, was hy vir die eerste kwartaal van 2019 ‘n voltydse onderwyser by Hoërskool Diamantveld in Kimberley. Mnr van Tonder sê: “Toe ek verneem van die pos wat by Grey beskikbaar geraak het, het ek dadelik aansoek gedoen. Ek is baie bly dat ek gelukkig genoeg was om die pos te kry.” Die onderhoude vir sy pos, wat geadverteer was as ‘n IGO-pos, het plaasgevind aan die einde van die eerste kwartaal. Kort voor lank was hy terug by sy alma mater aan die begin van die tweede kwartaal. Hierdie meneer is aktief en hou daarvan om sy passies in die lewe uit te leef. Hy geniet dit om golf te speel saam met sy vriende en in die middae gaan draf hy graag saam met sy skaaphond, Duke, om die blok. Dit sorg sommer vir goeie oefening. Soos elke Vrystater hou hy ook baie daarvan om vleis te braai saam met sy familie. Mnr van Tonder se toekomsplanne is om eendag een van Grey se groot name te wees en ‘n “legacy” na te laat. Hy sê verder: “Ek is reeds tuis by die skool en geniet op die oomblik alles wat hier gebeur. Ek sien uit na ‘n lekker tyd in die klaskamer en op die sportveld.” Van die seuns en die ander personeel se kant af kan ‘n mens net sê: “Welkom tuis”. - RUEBEN MÜLLER 3 word.” Met vernuwings soos dié in die pyplyn wil dit voorkom of verkeersvloei in die toekoms selfs makliker en meer effektief kan word. Foto: Eduard Büchner Die nuwe ingangshekke was ‘n nodige toevoeging tot die bestaande geriewe van Grey Kollege. JOSHUA LOWE Debatspanne dring deur na SA-finaal In die eerste week van Mei het die skool se debatspanne aan die eerste ronde van die ATKV Debat-uitdunne in Kroonstad deelgeneem. Vier junior spanne en ses senior spanne het ingeskryf en hulle moes meeding teen leerlinge van onder meer Hoërskool Witteberg, Oranje Meisieskool, Hoërskool Reitz, Bethlehem Voortrekker Hoërskool, Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Wilgerivier. Die onderwerp vir die juniors vanjaar was: “Alle uitheemse bome in Suid-Afrika behoort uitgeroei te word”. Die seniors se onderwerp was: “Kulturele erfenis in Suid- Afrika behoort verwyder te word om nasiebou te bevorder.” Die spanne het hulle baie goed Proud sponsors of Grey College Sport van hulle taak gekwyt en kon op hulle voete dink. Me Lettie van Wyk, debat-organiseerder, sê: “Hulle is telkens deur die beoordelaars geprys vir hul weldeurdagte argumente en vermoë om te redeneer.” Twee van die junior spanne - Wessel Wessels, Ruan Stassen en Wicus van Deventer (graad 8) en Albrecht Botha, Jan-Braam Dempers en Ignus van Deventer (graad 9), sowel as een senior span - Christi Myburgh en John Shaw (graad 10) is deur na die semi-finale ronde. Die graad 9- en die senior spanne het beide daarin geslaag om deur te dring na die nasionale finaal, ‘n prestasie wat baie jare terug deur Grey behaal is. - PIETER MARAIS