MENSLIKE HULPBRONNE
Die twee kante van landboustudente. Aan die een
kant skryf 1 500 nuwe landboustudente hulle jaar-
liks by landboukolleges in. Die teendeel is egter
ook waar dat slegs ‘n derde van student dié vlak
bereik om hulle studies te voltooi.
Jong produsente
kan só tersiêre onderrig ontvang
Vir talle jong produsente is dit weens praktiese of finansiële redes onmoontlik om tersiêre
onderrig by ’n universiteit of landboukollege te ontvang. Daar is egter wel ’n oplossing vir
hul probleem om onderrig in landbou te ontvang.
Deur Emmie Pietersen
Direkteur: Peritum Groep
R
eeds in 2012 het die Vrystaat
Rooivleisprodusente-orga
nisasie kommer uitgespreek
oor die aantal entoesiastiese
jong produsente in Suid-Afrika wat die
geleentheid tot tersiêre onderrig misloop.
Die realiteit is dat talle jong produsente
wat hulself graag in ’n landbourigting wil
bekwaam, vir een van drie redes nie by
’n universiteit kan inskakel vir voltydse
studies nie.
In SA is talle jong produsente reeds
64
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
aktief in die boerdery opgeneem wan-
neer hulle die skool verlaat. Dit kan wees
weens die omvang van die boerdery of
die afsterwe van ’n ouer of bloot omdat
hy/sy nie meer tyd wil verspeel nie, maar
dadelik in sy/haar passie wil funksioneer.
Vir vele jong boere, veral met die
afgelope jare se verlangsaming in die
ekonomie en die droogtes, is die koste
daaraan verbonde om vir drie jaar voltyds
te studeer en in te woon by ’n tersiêre
instelling, ‘n onoorkombare finansiȅle uit-
daging.
In ander gevalle verkies jong leerders
’n leeromgewing met ’n praktykgerigte
kurrikulum eerder as ’n suiwer akade-
miese aanslag en met die ineenstorting
van kwaliteit onderrig in landboukolleges,
is daar geen geleentheid nie. Die ASUF
verslag oor die stand van onderrig in
Suid-Afrika het aangedui dat hoewel daar
jaarliks 1 500 nuwe studente by kolleges
inskryf vir landboustudies, slegs 170 per
jaar gradueer en slegs een derde van stu-
dente uiteindelik hulle studies voltooi.
Die Peritum Agri Instituut, ’n privaat-
kollege vir landboustudies, het op hierdie
noodroep gereageer en deeltydse kwalifi
kasies ontwikkel wat aan jong mense
met ’n belangstelling in landboustudies,
die geleentheid bied om ’n formele
Nasionale Diploma in Diereproduksie of