MENSLIKE HULPBRONNE
Oefen tot dit perfek is! Die praktiese aanslag is hoog en dit word bevestig dat die praktykgerigte aard van studies ook gesien word in
die assesseringsmetodes.
Graanproduksie nou deeltyds te verwerf.
Die kurrukilum bestaan uit sewe
modules wat oor 72 kontakdae/12 weke
aangebied word. Die modules sluit
temas in soos: Boerderybestuur, Agri-
markte en Bemarking, Personeelbestuur,
Infrastruktuur en Hulpbronbestuur,
Plaastegnologie en Meganisasie en
Finansiële Bestuur en Entrepreneuriese
Boerderybestuur. Die veeproduksie- of
graandproduksiemodules van die onder-
skeie programme is omvattend en word
oor vyf studieweke aangebied en dek die
volle spektrum van produksiepraktyke. Die
volle diploma word oor ’n tydperk van 24
maande verwerf deur die bywoning van
12 studieskole van een week elk tot ses
en agt weke.
Die program het ’n hoogs praktiese
aanslag. Dit bied aan leerders die geleent
heid om aan die hand van uiters kundige
aanbiedinge deur tegniese lewende-
hawe- en woladviseurs, agronome en
plantvoedingkundiges, landbou-ingenieurs
en graanspesialiste praktiese opleiding
te deurloop. Interessante nuwe ontwik-
kelings in landbou, soos die aanwending
van hommeltuigtegnologie, word ook deur
studente ondersoek en praktiese sessies
hieroor aangebied. Hierdie praktykgerigte
studiesessies sluit onder meer in kundige
sprekers, beste praktyk plaasbesoeke,
aanvullende kursusse, vee- of plantvoe
dingsprogramme/modelle, lewendehawe-
of graanbemarkingsmodelle, demonstra-
sies en besoeke/ondersoeke na bemar
kingshuise en agentskappe.
Die praktykgerigte aard van die studies
word voortgesit in die assesseringsmeto
dologie ten opsige van beide diplomas.
Tydens elke leermodule word van die stu-
dent verwag om ’n omvattende portefeulje
saam te stel om sy/haar kundigheid rak-
ende die inhoud van die module te demon-
streer. Hierdie portefeulje wat opgebou
word, is dan die instrument aan die hand
waarvan die leerder geëvalueer word. Die
samestelling van die portefeuljes is belan-
grik en verg toewyding van die student,
met die addisionele voordeel dat geen for-
mele eksamens geskryf word nie.
Die eerste groep studente het die
program reeds in 2014 voltooi en die
diploma ontvang - ’n 100% slaagsyfer.
Sedertdien het vyf nuwe programme
gevolg en honderde leerders die formele
diplomas wat deur die Suid-Afrikaanse
owerheid onderskryf word, verwerf.
Die Peritum Agri Institute het in 2018 ’n
sustersooreenkoms met Aeres Universiteit
in die Nederlande gesluit. Hierdie ooreen-
koms bied aan ons studente in die kollege
die geleentheid om met uitruillektore
en uitruilstudente beste praktyke in
produksiemodelle te ondersoek. Studente
aan die Peritum Kollege het ook die
geleentheid om aansoek te doen om in
die uitruilprogram opgeneem te word vir
besoeke aan Nederland.
Top studente op ons diplomapro-
gramme word ook jaarliks deur John
Deere Sub-Sahara Afrika getrakteer op ’n
beste-praktykbesoek aan John Deere se
hoofkantoor, distribusiesentrum en selfs ’n
internasionale fabriek.
’n Verdere poging deur die Peritum Agri
Instituut om landboustudies toeganklik te
maak, is deur die fooistrukture. Die fooie
van die program is omvattend en geen
addisionele koste word gehef vir byvoor-
beeld boekegeld, prakties, eksamens,
ensovoorts nie. Die kursusfooie word ook
oor die 24-maande tydperk in bekostig-
bare maandelikse paaiemente afbetaal.
Vir meer inligting rakende die
diplomastudies by die instituut,
kontak Odette Shepperson by
[email protected] of by
051 451 1120.
SENWES SCENARIO | SOMER 2018
65