Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 6

NUUS Senwes borg historiese grondberaad Alle paaie het na die Grondoplossingsberaad gelei, wat deur Senwes geborg is en deur Landbouweekblad aangebied is op 23 en 24 Augustus by die Wildswinkel Veilingsaal in Bela Bela. Die geleentheid is deur sommige deelnemers en waarnemers beskryf is “Grondhervorming se Codesa- oomblik”.  Deur Marlon Abrahams Senwes Scenario Hoofredakteur S enwes Groep HUB en huidige Agbiz Voorsitter, Francois Strydom, sê dat Senwes trots is om die beraad te borg “omdat dit oplossingsgedrewe is.” Sy indrukke van die beraad en die betekenis van die teenwoordigheid van Vise-President David Mabuza, die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en Adjunk-Direkteur Mike Mlengana, is soos volg: “Die tydsberekening kon nie beter gewees het nie en die gebeure tydens die tien dae voor die grondberaad het die hele inisiatief met betrekking to grond na ’n punt gedryf waar die regering besef het dat hulle baie ernstig moes ingryp, alhoewel dit nie werklik so beplan was nie. Nkosozana Zuma (Minister in die Presidensie) het met ons geskakel en vir ons gereël om gesprek te voer met Paul Mashatile (ANC Tesourier-Generaal) en Vise-President David Mabuza, terwyl van ons ander lede (Agbiz), op dieselfde dag gesprek gevoer het met President Cyril Ramaphosa.” “Dit is uiters positief dat die vise-presi­ dent teenwoordig was, vergesel deur die minister en die DG, wat baie positief oor landbou is. Ons is op ’n belangrike punt in AgriSA President Dan Kriek, Vise-President David Mabuza en Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming Maite Nkoana-Mashabane by die Grondberaad. 04 SENWES SCENARIO | SOMER 2018 die geskiedenis van ons land en hierdie is ongetwyfeld die grootste uitdaging sedert 1994 en ek is baie hoopvol oor die wyse waarop ons die probleem benader.” “Ek is oorweldig deur al die sukses­ stories - ons het reeds by Nasie in Gesprek gesê dat hierdie stories vertel moet word... dit is die reaksie wat ek by almal hier kry... ons het nie geweet dat daar soveel suksesstories is nie.” Francois maan egter: “Nixon (voor- malige Amerikaanse president) het gesê dat dit uiters gevaarlik is wanneer die regering sê dat hulle daar is om te help. Dit is nie die regering se taak om alles reg te maak nie. Ja, hulle speel wel ’n rol, maar die land behoort aan ons almal en ons moet dit maak werk. My stand- punt is dat jy óf aan die tafel is óf op die spyskaart. Ons het die keuse gemaak om aktief betrokke te wees in die ontwerp van die toekoms dit was nog altyd ons benadering tot ons besigheid en hierdie belangrike saak.” Agbiz Voorsitter en Senwes Groep HUB spreek die Grondberaad toe oor volhoubare befondsings­ modelle.