Senwes Scenario Oktober/November 2018 | Page 61

NEWS | NUUS “So ’n toekenning laat ’n man regtig weer goed voel oor homself...” nadat hy vereer is vir meer as ’n dekade se onbaatsugtige diens aan die boeregemeenskap en die publiek. Friedl von Malititz, Streeksverteenwoordiger by Vrystaat Landbou het hom genomi­ neer. Volgens Friedl is Willem die “eerste persoon wat gebel word en die eerste op die toneel is,” wanneer daar ’n noodgeval is. Willem is die staatmaker as dit kom by enige plaasaanval, mediese noodgeval, huisbrand en selfs as iemand in ’n voertuig vaskeer is. En hy doen dit boonop met geen borg, in sy eie tyd en met sy eie toerusting. Die nederige Willem, wat in 2015 sy Nasionale Diploma in Brandbestryding en Bevryding verwerf het, vertel dat hy homself na skool begin bekwaam het om nooddienste te lewer. Friedl noem pertinent, “Dit is nie sy werk nie,” en dat Willem nog nooit erkenning gekry het vir sy dade die afgelope dekade nie. “So ’n toekenning laat ’n man regtig weer goed voel oor homself, want dit is soms maar ’n ondankbare werk,” sê die 43-jarige held van Ficksburg wat al in ontelbare gevalle bystand in die gebied verleen het. Maar hoekom doen hy dit? “Ek het op ’n plaas grootgeword en ek weet hoe ambulanse sukkel om by plase uit te kom sonder om te verdwaal.” Hy vertel dat hy sowat vyf jaar gelede saam met René Venter van ER24 ‘n vennootskap gevorm het waar hulle dienste aan die publiek begin lewer het, maar ongelukkig is René onlangs oorlede. Samewerking is veral krities en Willem noem dat sy werk- gewers nou sy gemeenskapsbetrokkenheid as prio­riteit nommer een beskou en dat sy daaglikse werk as’t ware tweede kom. In sy eie woorde “moet jy terugploeg in die gemeenskap waarbinne jy funksioneer. Weet waar jy daardie verskil kan maak.” Dit is sulke gewone mense soos Willem de Klerk wat mens weer hoop gee, mense wie se omgee en saamstaan van- self kom. Welgedaan Willem de Klerk en Vrystaat Landbou! Julle is steunpilare van landbou. *Vertel ons wie julle vereer en kontak Aubrey.Kruger@senwes. co.za met jou bydrae. SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018 59