MENSLIKE HULPBRONNE | HUMAN RESOURCES
Wees deel van die
Denkpot van die Toekoms
Opleiding bied die deurslag vir
groei in boerdery en landbou
Deur Aubrey Kruger
Senwes Scenario Redakteur
H
oe klink dit? Om jou denke
in ‘n pot saam te smelt waar
uitstekende opleiding lei tot ’n
ontploffing in die sukses van
jou boerdery en personeel. Om letterlik ’n
leier in elke personeellid teweeg te bring.
Dit is die gedagte waarmee ek gelaat
is na ek met dr René Uys, Direkteur van
Thinking Fusion AFRICA, gesels het. Sy
het saam met Jannie de Villiers, HUB van
Graan SA, die gehoor tydens die eerste
sessie van die 2018 Senwes Toekomsfokus
by Nampo Park toegespreek.
OM VERANDERING TEWEEG TE BRING
Thinking Fusion Africa is ’n maatskappy
wat letterlik kapasiteit vir verandering binne
organisasies skep, binne jou boerdery.
Met programme soos Launchpad en Let’s
Go! vir die wat die werksmag betree asook
selfontwikkelingsprogramme soos selfleier-
skap en afrigtingskursusse, en Leierskap
in die Verhoudingsekonomie wat ook vir
bestuurders van waarde is. Dit is slegs
enkele van die programme wat hulle al by
talle produsente aangebied het en waar-
mee hulle groot sukses behaal het.
GEDRYF
Uys is een van drie direkteure by Thinking
Fusion Africa en is al van jongs af 'n uiters
gedrewe persoon. Bedryfsingenieur
60
by Eskom op ’n jong ouderdom, PhD
op 27-jaar verwerf en professor op 30
- sy het by die NWU Bestuurskool op
navorsing gefokus. Daarna UJ (RAU),
waar sy destyds die enigste professor in
bedryfsielkunde was. Dit is gevolg deur ’n
dekaanskap by Technikon Pretoria, waar sy
later hoof van Korporaat Betrekkinge was.
WAT IS DIE DOEL?
“Ek is so trots. Wat presies doen ons? Ons
maak ’n verskil in mense se lewens en
binne organisasies,” vertel René. Nadat
sy uit die akademiese wêreld is, het hulle
’n leierskapprogram vir vroue ontwikkel,
Creating Leadership and Personal Capacity
in Women. Hulle het dit by groot maatskap-
pye soos Sasol en Vodacom aangebied,
waar die vrouens gou die mans in hul
persepsie uitpresteer het.
In die lig hiervan is leierskapsprogram
me vir die verhoudingsekonomie ontwerp
waarby alle personeel kan baatvind. Dit
word teen die agtergrond van die ver-
houdingsekonomie geskryf en gaan basies
oor die verbinding van mense in ’n tyd
waarin masjiene al hoe meer belangrik
word. Op hierdie punt sê René: “Dít is
eintlik al wat maatskappye kan gebruik om
hulle te onderskei.” Verhoudings tussen
mekaar, tussen kollegas, met klante asook
met verskaffers is kardinaal.
Die programme bied vir jou as produ
sent of organisasie ook die geleentheid
sodat jy en jou volgers meer selfleierskap
openbaar en meer onafhanklik funk-
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
Dr René Uys, direkteur van Thinking
Fusion Africa.
sioneer. In kort: “Dit gee vlerke vir leiers.”
Selfleierskap is ‘n baie gewilde program
vir enigeen wat nie reeds ’n bestuurder is
nie. Essential Leadership Insight word baie
in boerderygemeenskappe toegepas en
die Leierskap in die Verhoudingsekonomie
(Leadership in the Connection Economy)
word byvoorbeeld deur Syngenta geborg,
waarby meer as 100 produsente al gebaat
het en baie bestuurders die voordeel in
hulleself en hulle eie mense sien.
FOKUS SELFS OP JONG WERKSMAG
Dit is waarvoor programme soos