ALGEMEEN | GENERAL
COLUMN | RUBRIEK
Uit die Woord
Plantyd en planttyd?
N
a ’n onlangse tikflater is die belangrikheid van slegs een
letter weereens beklemtoon. Dit kan die betekenis van
’n woord, paragraaf of selfs ’n hele boodskap verander.
Maar die spelfout in dié geval, planttyd as plantyd, bevat
tog ʼn klein stukkie waarheid. Dit is nou somertyd, soos die tema van
hierdie uitgawe dit uitspel, wat ook planttyd is.
Dit is nou die tyd waarin ons moet gereed maak om te plant. Maar
ons moet ook beplan, want hoe eenvoudig dit ookal klink om ’n
saadjie te plant, is daar ook baie ander aspekte van toepassing. Ons
ervaar die effek van die gesprekke rondom grondonteiening sonder
vergoeding, die land is amptelik in ʼn resessie, en later in 2019 lê die
verkiesing op ons voorstoep, en dan moet ons nog tussendeur plant.
Dit laat my dink aan 1 Korintiërs 3, wat gaan oor die oorsaak van
verdeeldheid wat ons partymaal in Suid-Afrika voel. Maar ons moet
ons begin om ons te laat lei deur die Gees van God, eerder as wat
ons bloot net as wêreldse mense ‘n bestaan maak. Hier word die
vraag gevra of ons nie dan nog wêrelds is nie.
Lees vanaf vers vyf: “ 5 Wat is Apollos dan? Wat is Paulus? Hulle is
maar net dienaars deur wie julle tot geloof gekom het, en elkeen
doen die werk soos die Here dit vir hom gegee het. 6 Ek het geplant,
Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het. 7 Dit gaan
dus nie om die een wat plant of die een wat natgooi nie, maar om
God wat laat groei.”
Ons staan almal gelyk voor God en word beloon volgens ons werk.
Wat belangrik is, is dat ons almal die Here ons God dien. Onthou
dat hoewel produsente die land saai, oftewel
plant, moet ons ook onthou dat ons op sig-
self eerstens die saailand van ons God is
en moet wegbeweeg van verdeeldheid.
So, as ons reg beplan (plantyd) en
reg plant (planttyd) sal ons die vrugte
daarvan pluk.
02
SENWES SCENARIO | SOMER • SUMMER 2018
Ds. Willie Botha
Toe en nou
Lees: Ps. 126; Matt. 9:36-38;
Luk. 9:62; Spr 20:4
IN DIE VERHAAL is daar twee tye ter sprake: “Toe” en
“Nou”. In die verlede was daar ’n tyd toe dit baie swaar
gegaan het. Sommige kommentare vermoed dat dit selfs die
tyd na die ballingskap kon wees. Daar is groot waarde deur
nie die spesifieke situasie te noem waaruit hulle verlos is nie,
aangesien verlossing oor ’n wyer spektrum toegepas kan
word. Die kern is dus verlossing. Opvallend is die blydskap
en dankbaarheid wat daarmee gepaard gaan. Daar is gelag,
gesing, en selfs ander nasies het van die groot werke van die
Here getuig.
Maar daar is ook ’n “nou”. Weereens word die spesifieke
nood nie genoem nie, sodat dit universeel toepasbaar is. Op
grond van God se verlossing in die verlede, bestaan daar in
die hede geloof en vrymoedigheid om weer tot God te nader.
Deur die eeue het Hy Hom as betroubaar bewys. God is in
staat om paradoksaal op te tree. Geografiese grense is nie
bepalend of dit sal reën of nie. Selfs in die dorre Suidland
verander Hy die droë lope in bruisende waterstrome.
Om te plant is harde werk. In die Bybelse tyd het ploeg en
plant dikwels saam gebeur. Koring en gars was die belang
rikste gewasse, maar daar is ook sorghum en spelt verbou.
Saad is gesaai en daarna ingeploeg. ’n Ander metode was
om te ploeg, dan die saad te saai, en dan 90 grade oor die
eerste ploeglyne die graan in te ploeg. Op skuinstes, harde
plekke en tussen boomwortels waar die osse nie kon ploeg
nie, is die grond met ’n bylpik bewerk. Die ploegwerk is ver-
erger deur koue en swaar winterreën waartydens baie van
die werk gedoen is. Wie van die ploegwerk weggeskram het,
moes geen oes verwag nie (Spr 20:4). In droogtetye is die
kos wat geëet moes word, letterlik uit die mond van die gesin
geneem om te plant. Met die hoop dat daar ’n beter oes sou
kom, is die waagstuk die moeite werd gemaak.
Somertyd was oestyd. Die vrug van harde werk was op
hande. Nou is daar nie meer teruggedink aan die swaar werk
wat die oes voorafgegaan het. Dit was karaktervormend van
aard. Groot blydskap het die afloop van die oes gekenmerk.
Daar was duidelik groot dankbaarheid. Die insameling van
die oes het beteken dat God voorsien het, en ons karakter
verbeter het. Die oes word in die Nuwe Testament ook as
metafoor vir die wederkoms van Christus gebruik. Hy kom
met ’n verwagting om mense te vind wat ondanks omstan-
dighede die harde ploeg- en saaiwerk gedoen het, en nou
in Sy hemelse fees kan deel. Die sny van die saaisak en die
trane het plek gemaak vir ’n hemelse heerlikheid.