Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 19

A RE A F O K US ••• van die Ventersdorp Distrikte Boerevereniging en dien ook op die dagbestuur van Agri Noordwes. (heelgoederemakelaar), JD Cilliers, Ruhan Bronkhorst en Lourens Jordaan (vakmanne) en algemene werkers Ronald Modise, Samuel Ngindi en David Moabi. Die stoorpersoneel bestaan uit Gideon Motshabi (stoorbestuurder), Willem Delport (drywer), Itumeleng Khang (vurkhyserdrywer), Leon Hlobo (pakhuisklerk), Alaska Masekwa (petroljoggie) en Stoffel Kgosiaboroa en Isaac Mpole (algemene werkers). BIETJIE NOSTALGIE Die voormalige onderbestuurder van die Hinterland tak, Roelf Maree, vertel dat die heel eerste 513 Fiat trekker in Ventersdorp verkoop is. So ook die 100ste en 600ste Fiat trekkers. Hy vertel ook dat beesboerdery deesdae uitbrei, maar dat skaapboerdery deur die jare afgeneem het. ‘n Ander interessante brokkie is dat oud-president CR Swart van Brandfort ook ‘n Senwes lid was. GERHARDUS YSSEL Alle dorpies het bekende families wat daar woon en volgens die Ventersdorp boorlinge loop die Yssel-bloed dik deur die are van baie Ventersdorpers. Die is nadat oupa Sarel Gerhardus Yssel hom op 21 Augustus 1851 op Elandskuil kom vestig het. Die plaas is Elandskuil genoem omdat ‘n eland rondom die tyd waarop die Yssel trek plaasgevind het, in die laagte wat van Doornpan na Schoonspruit loop, geskiet is. Oupa Yssel se boerdery het uit 300 beeste en 500 skape bestaan. BOEREVERENIGINGS Boereverenigings is hier van kardinale belang. Die groter area van Ventersdorp het drie boereverenigings, naamlik die Makokskraal, Opraap en Rysmierbult Boereverenigings. Die voorsitter van die Makokskraal Boerevereniging is Derick van Zyl. Volgens hom is een van die suksesfaktore van hulle boerevereniging die uitstekende samewerking tussen hulle lede. Johan Kooij is die voorsitter van die Opraap Boerevereniging. Hy vertel dat alhoewel hulle vereniging uit slegs 12 lede bestaan, hulle baie aktief is. André Strydom is die voorsitter van Rysmierbult Boerevereniging. Hierdie boerevereniging is die grootste boerevereniging in die streek, met tussen 50 en 60 lede. Strydom is ook die voorsitter KERKE Kerke is gewoonlik ook baie uniek aan Suid-Afrikaanse dorpies en Ventersdorp is geen uitsondering nie. Die verskillende kerke speel ‘n baie groot rol in die uitleef van geloof – waarsonder boerdery tradisioneel nie kan wees nie. Die groot NG Kerk, oftewel die rooi kerk, met sy indrukwekkende klok is imposant en vertoon amper soos ‘n stadsaal. Aan die ander kant is daar die groot wit Nederduitsch Hervormde Kerk, wat amper soos ‘n kasteel van ouds lyk en die unieke puntvormige deure laat jou voel of jy ‘n koninklike plek betree. Verder af in die straat is daar die Gereformeerde Kerk, perfek geleë tussen die bome, sowel as die St John’s Katolieke Kerk met sy kenmerkende klein kruis bo op die dak. VALKE Min mense buite die dorp weet dat valke hier redelik wyd voorkom en daar is selfs ‘n boom wat die oornagplek vir migrerende valke aandui. Die valkpopulasie bestaan uit spesies soos die Kleinrooivalk, Westelike Rooipootvalk en die Oostelike Rooipootvalk. DIE OOG As jy nou regtig gelukkig is tydens ‘n besoek aan die dorp, neem iemand jou dalk na die Oog van Schoonspruit, op die plaas wat ook so genoem word. Die prentjiemooi Oog met sy helderskoon water en wolke wat daarin reflekteer is betowerend. Dis ook ‘n lewensaar wat ‘n legio mense bereik. Ooit kon dink dat Ventersdorp so interessant kan wees? SENWES Scenario • Okt/Nov 2015 17