Senwes Scenario Oktober / November 2015 | Page 20

••• HAND E LSN U U S OU J S I E I RS W E G Y R RK E V N A P? R O GRA D S ER t u diens T N E V IN s to en Wiku Marzelle IN VENTERSDORP IS MARZELLE DU PREEZ EN WIKUS BOSHOFF JOU GRAANVERKRYGERS EN DIE TWEE IS SOOS VINKEL EN KOLJANDER. M arzelle en Wikus vertel dat “God aan die stuur is hier in die Ventersdorp graankantoor en kan dit net goed gaan.” Spanwerk is hulle leuse en Marzelle vertel dat sy en Wikus glo dat twee koppe saam baie meer kan regkry as een alleen. Hulle is ook gemaak vir dié werk. “Ons werk is nie net ‘n 8 tot 5 werk vir ons nie, maar dit is ons passie - die boerdery vloei deur ons are.” Beide ken hulle werk en hulle het in ‘n boerderyomgewing grootgeword en die boere lê hulle baie na aan die hart. As dit by kliënte kom het hulle ook ‘n spesiale benadering: “Vir ons is ‘n kliënt nie net ‘n nommer nie. Ons stel WIKUS BOSHOFF EN MARZELLE DU PREEZ 18 Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario regtig belang in elkeen van ons kliënte, mens kan amper sê hier word jy deel van ‘n familie.” So kom ontmoet gerus vir Marzelle en Wikus, want “by ons sal jy altyd hartlik ontvang word met ‘n glimlag, ‘n koppie koffie  en ‘n grappie of twee. Jy, ons kliënt is vir ons baie belangrik.” Hulle is ook ten volle bekwaam en het al die nodige eksamens geslaag, wat hulle die nodige toerusting gee om hul kliënte mooi te lei deur die woeste oerwoud genaamd Safex. “Ons kommunikeer gereeld met ons kliënte en sorg dat ons hulle goed op hoogte hou deur onsself elke oggend op te skerp met alle nuwe verwikkelinge op ons plaaslike sowel as oorsese markte. Jy is in bekwame hande hier, want hulle het ook goeie bedryfsondervinding. Marzelle is al 12 jaar in die graanbemarkingsbedryf en Wikus is een en ‘n half jaar in die bedryf. Met hulle oë gefokus op goeie dienslewering poog hulle om regtig ‘n pad saam met hul kliënte te stap. “‘n Eerlike pad waar ons mekaar se hande kan vat om die meeste uit die mark te kry wat ons moontlik kan sodat ons volhoubaar besigheid kan doen.” “Kom loer gerus in by die kantoor en kontak ons enige tyd vir raad - ons help graag!” En dan sluit hulle af met ‘n tipiese Ventersdorp boodskap. “As jy eers een keer deel was van die Ventersdorp kantoor sal jy ‘n familielid doodgaan. Jy kan altyd weet dat ons hier die ekstra myl vir jou sal stap.”