•••
HO OFSTOR I E
moontlike opsies met
betrekking tot gemeenskaplike
grondeienaarskap. Banke moet
óf hervorm en dit inkorporeer,
óf die hoofmanne moet
hulle regte opgee om grond
namens mense te hou. Dat die
hoofmanne (chiefs) sommer
net daardie regte sal laat vaar,
is moeilik om te glo. Aan die
ander kant loop banke ook ‘n
risiko. Venter is van mening dat
banke baie meer vatbaar is as wat
mense dink en dat die regering
ook sy rol sal moet speel.
Venter dui verder daarop
dat die sogenaamde 50/50
model baie tekortkominge het.
Eerstens sal die verdeling van
land plase onekonomies maak.
Dit is ook nie grondwetlik nie
en dit kan in konflik ontaard,
wat ‘n aaklige pad is om te loop.
Nader aan die huis is die
Zimbabwe situasie nog steeds
nie opgelos nie. Dit is volgens
Mkhabela die resultaat van ‘n,
“Wenner vat Alles”- mentaliteit.
Du Preez dui aan dat 2 miljoen
Zimbabwiërs vanjaar reeds van
buite af gevoed moet word.
“Die stelsel in Zimbabwe
het duidelik nie gewerk nie”,
verduidelik Du Preez.
‘n Meer werkbare model
volgens Venter is die alternatiewe
model waar die privaat sektor
op ‘n vrywillige basis by
grondhervorming betrokke
raak, in samewerking met die
6
nasionale ontwikkelingsprogram
van die regering, waar 50% van
bykomende plase deur swart
aandeelhouers besit word.
Dit is ‘n baie meer
aanvaarbare model en,
volgens Du Preez, kan die
“ongeregtighede van die verlede
nie sonder erge ekonomiese
gevolge reggestel word nie.”
DIE GESKIEDENIS
Die kern lê egter in
die geskiedenis van
grondeienaarskap. Dit is
derhalwe ook baie gepas dat
dié reeks episodes van Nasie
in Gesprek juis by Forum
Homini in die Wieg van
die Mensdom, geskiet is.
In ‘n kort oorsig vertel
Grobler dat mense in die
oertydperk net bestaan het.
Later, sowat 20 000 tot 30 000
jaar gelede, het mense begin
voedsel produseer, maar die
konsep van grense was baie
vaag. In die derde fase is begin
om grond te verdeel en oor
die laaste twee millennia het
eiendomsreg ‘n realiteit geword.
Hier in Suid-Afrika was die
Europese invloed baie sterk,
volgens Grobler: “Na 1902
is die konsep van reserwes en
nedersettings bekendgestel
en het Suid-Afrika die wit
man se land geword, in terme
van grondeienaarskap.”
Mkhabele voeg by dat die
kwessie van rasseverhoudings
Okt/Nov 2015 • SENWES Scenario
ook hierby gevoeg is, naamlik
hoe Afrikane deur ander rasse
hanteer moet word. Dit is die hart
van die saak. Du Preez stel dit
die beste. “Ons moet teruggaan
en sê dat dit een van die groot
historiese ongeregtighede was,
en dat daar groot misverstande
was – wat ons weer vandag het.”
DIE SLEUTEL TOT SUKSES
“Ons moet die pas van
grondhervorming vinnig genoeg
maak om dit uit die hande van
roekelose politici te hou, want
politici, soos wat hulle ook elders
gedoen het en nog steeds doen, sal
in die toekoms die grondkwessie
annekseer, juis omdat dit so ‘n
emosionele saak is.” – Du Preez.
Ons land het enorme potensiaal,
maar ons moet leer uit ons
geskiedenis, saamwerk en die
regte besluite vir almal neem.
Die splinternuwe reeks
van Nasie in Gesprek word
vanaf 14 September tot 25
Desember uitgesaai met verskeie
interessante onderwerpe en sal
weekliks op Kyknet (kanaal
144), Business Day TV (kanaal
412) en Soweto TV (kanaal 251)
uitgesaai word. Sou jy ‘n episode
mis, gaan na www.senwes.
co.za of www.nasieingesprek.
co.za om daarna te kyk of om
insae en opsommings rakende
die heel nuutste episodes wat
uitgesaai word, te kry.
Die volledige programskedule
is ook op dié webtuistes.