Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 31

LANDBOUKUNDIG hoeveelheid en nodigheid van N te bepaal.  Pekanneute benodig baie Zn. Die feit dat Zn stadig vervoer word en akku- muleer in die boom, is pH-verwant. Zn-behoefte van produserende bome is 1980 g Zn/ha/jaar.  Fosfaat is betrokke by die energie van fisiologiese reaksie en vegetatiewe groei. Dit beweeg in groot hoeveel- hede na ontwikkelende neute en hou verband met “late season scorch” en koue skade.  Kalium is betrokke by ensiemreak­sies, regulering van waterbeweging, huid- mondjieopening en verbruik van stikstof. K-tekorte ontstaan dikwels na swaar N-toediening. Kultivarverskille ten opsigte van die N:K-verhouding kom voor.  Reaksie op P- en K-voeding is dikwels onvoorspelbaar.  Interaksie tussen voedingselemente kom voor. By hoë P-vlakke, kan Zn en Cu minder beskikbaar word, al is die vlakke daarvan optimaal. Die absorpsie van K word verminder deur lae pH, hoë vlakke van Ca, Mg, Na en NH4.  Praktyke vir grondgesondheid: • Die gebruik van dekgewasse is een manier om die opname van voeding-­ stowwe te verbeter, sowel as grond- fisiese eienskappe soos waterhou- vermoë. • Die populêre aanbeveling om diere-­ mis te gebruik om grondgesondheid te verbeter, is tipies van ‘n subjek- tiewe benadering. Sonder ‘n verteen- woordigende ontleding en aanbe-­ veling, mag dit meer skade as goed doen. GROND- EN BLAARONTLEDINGS  Kwantitatiewe benadering om ‘n pro­ bleem of potensiële probleme te identi- fiseer.  Grondontledings is van belang om pH en die vlakke van voedingselemente in die grond te monitor.  Blaarontledings is die mees akkurate maatstaf vir algehele plantvoedingsbe- hoeftes.  Wenke by blaarmonsterneming: die- selfde maand, dieselfde boom, hou kultivars apart, monster van neut- draende lote, monster van blare wat aan sonlig blootgestel is maar sonder sonbrandskade.  Optimale tyd vir blaarontleding is die eerste week in Desember, eerste week in Februarie en middel-Maart.  Die langtermyndata is uiters waardevol.  Blaarontledings gee vir jou vroegty- dig 'n aanduiding van wat die boom benodig. Dit skep die geleentheid vir proaktiewe optrede. P-status in blaar- ontleding gee 'n aanduiding of dit ‘n aan- of af-jaar gaan wees. Vir meer inligting asook bystand met ontleding en aanbevelings, kontak gerus: Petrus van Staden - 076 219 3778 André van Niekerk - 082 561 7128 Edward Dwyer - 071 549 4486 Verwysings: Dr. E.T. Stafne, Dr. R.A. Melanson and Dr. J. Wilson. Publication 3055 (POD-03- 17) Updated October 2018. B. Carroll; M.W. Smith. Fertilizing Pecan and Fruit Trees Oklahoma Cooperative Extension Service. HLA-6232 R. Byford. 2005: Pecan Orchard Fertilization. Guide H-602. New Mexico State University Pecan Production Pamphlet for Arkansas. Texas Pecan Handbook, March 2012 edition Amanda McWhirt, 2017: Pecan Production: Soils, Fertility and Plant Tissue Nutrient Testing. University of Arkansas, Research and development. Monte Nesbitt, Pecan Tree Nutrition & Fertilization. SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 29