Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 30

LANDBOUKUNDIG Voeding van pekanneutbome Vrugbare grond met ‘n gebalanseerde voedingsprogram is nodig vir optimale groei en ontwikkeling van gesonde blare wat die boom in staat sal stel om jaarliks ‘n kwaliteit drag te produseer.  Petrus van Staden Senwes Senior Grondkundige André van Niekerk Sandvetpecans Edward Dwyer SGS D ie grootte en kwaliteit van neute word bepaal deur die blaar/ neutverhouding. Verder word opbrengs bepaal deur die mees beper­ kende voedingselement. Die feit dat pekanneutbome se wortel- stelsel ‘n groot volume grond “oorneem”, beteken nie dat voedingstowwe soos K, P, Ca en Mg nie deur bemesting aangevul moet word nie. ENKELE BEGINSELS BETROKKE BY VOEDING  Benadering: Voedingsprogram (behoeftegebaseerd) vs ‘n bemestings­ program (produkgedrewe). 28  Vasstelling van voedingsbehoeftes kan subjektief of kwantitatief wees.  Definieer die doel van ‘n voedings­ program - identifiseer byvoorbeeld die behoeftes vir groei en gesonde blaredak, maksimum neutopbrengs, produksie van hoë kwaliteit neute en minimale omgewingsimpak.  Die vier basiese faktore om te kwanti- fiseer: regte tipe, regte tyd, regte plek en regte hoeveelheid.  pH: Volproduserende bome van 10 jaar en ouer - makro-elemente opgeneem deur die wortels in die grond by ‘n pH van 6-7. Mikro-elemente word meestal deur wortels opgeneem in grond by ‘n pH van 4-5. In die geval van mikro-el- ementtekorte kan blaarbespuitings gedoen word.  Stikstof: • Sukses met N word bepaal deur kli- maat, grond, spasiëring, snoei, oplei, boomouderdom, kultivar en gene- SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 tiese variasie van elke boom. Faktore soos besproeiing, Zn en onkruid­- bestuur het ‘n direkte invloed op die absorpsie en verbruik van N. Verhoging van N sal oneffektief wees indien die boom te min of te veel water kry, of indien onkruid die beskikbare water en voedingstowwe opneem. • N-bestuur is die balans tussen toe­- diening en behoefte in die kritieke tye van die fisiologie nl. 1) bot en blaarontwikkeling en 2) vulling van die neute. Stadige of beperkte N-beweging of voeding in eers- genoemde kan veroorsaak dat N reserwes gemobiliseer word. Die N-opname in die tweede periode is belangrik vir die reserwes van die volgende seisoen. Grootte van die oes en die alternatiewe dragsiklus van die bome behoort ook in ag geneem te word om die wanneer,