Senwes Scenario Maart - Mei 2020 | Page 18

NUUS Droogtehulp bring verligting in Noord-Kaap Gedurende Desember 2019 het Senwes saam met sy vennote en borge twee droogte­ hulpprojekte van stapel gestuur, wat gehelp het om die dringende nood in sekere dele van die Noord-Kaap te verlig.  Sanmarie Schlebusch Bestuurder: Verkope en Digitale Bemarking Aubrey Kruger Senwes Senior Joernalis WINTON, VAN ZYLSRUS EN SEVERN D ie eerste projek was by Winton, Van Zylsrus en Severn. ’n Totaal van 152 boere is deur hierdie ini- siatief gehelp. Die aflewering van voer het oor twee dae gestrek, met Winton wat op 6 Desem­ ber 1 200 sakke geelmielies van twee trokke ontvang het. Die dag daarna het Van Zylsrus en Severn ook twee trokke witmielies ontvang, een trok het 600 sakke witmielies by Van Zylsrus afgelewer en een trok met ook 600 sakke witmielies, het by Severn afgelaai. Die mielies is by die Senwes Grainlink silo in Viljoenskroon gelaai, voor die roete van digby die 600 km aangepak is. ’n Totaal van 128 ton mielies is geskenk, wat nie sou gerealiseer het sonder die borge wat gehelp het om dit so ’n sukses te maak nie, naamlik KLK Degesch, Klerkscale, CSS, Grainovation, Senwes Grainlink, Senwes Credit asook West Africa Carriers, wat korting gegee het op die trokke. CALVINIA Tydens die tweede projek wat in Desember geloods is, is 30 ton losmaat geelmielies by Calvinia afgelewer om die produsente daar by te staan. Dié trok het betyds vir die Kersseisoen op 13 Desember afgelewer. ’n Aantal borge, naamlik JCB, Trade­ vantage, PC Palace, Bastion, mnr. J van Zyl, Beyers en Rautenbach Inc, asook Senwes Equipment het dié skenking moontlik gemaak. Die betrokke mielies is by Hartswater silo gelaai, waarna die roete van bykans 800 km na Calvinia aangepak is. Dankbare Noord-Kaap produsente tydens die aflewering van die mielieskenking. 16 SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020 Die produsente en boereverenigings het die skenkings met groot dankbaarheid in ontvangs geneem en baie het nie woor- de gehad nie. Een produsent het gesê: “Julle weet nie wat dit vir ons beteken nie. Dit kan ons net so bietjie verder neem.” Bedryfsbestuurder by Senwes Grainlink, Johann Roux, het die hoop uit- gespreek dat die skenkings ’n bietjie lig aan die einde van die tonnel sal bring. • Die Senwes Groep bedank weereens al die vennote en borge wat tot dusver skenkings help fasiliteer het. Indien jy betrokke wil raak by dié projek of by Senwes aan­sluit, kontak vir Sanmarie Schlebusch by 018 464 7327 of 072 323 7592, of stuur ’n e-pos aan sanmarie.schlebusch@ senwes.co.za. Kyk die video’s van die projekte deur die skakel http://senwes.co/ Droogtehulpuitreik te besoek of die QR-kode te skandeer.