Senwes produsent AC van Wyk van ACH
Boerdery wat geleë is in die Bultfontein
omgewing.
PRODUSENTFOKUS
13 | ’n Boer maak ’n plan
teen die oortoepassing en misbruik van tegno
logie – “Jy moet voor op die wa wees maar nie
voor van die wa af val nie".
verstaan. “Wanneer jy die regte
strategie volg, maak dit soveel
ander deure vir jou oop wat dan
kan oorspoel tot bemagtiging van
mense en ’n positiewe effek op
die omgewing. Wanneer ’n land se
ekonomie wen, wen almal. Wanneer
’n boerdery se ekonomie wen, kan almal
soveel meer daarby baat.”
VENNOOTSKAPPE IN LANDBOU
Besef dat ons verseker nie alleen in die wêreld is nie. Ons het
mekaar nodig en moet verseker dat goeie energie uit ’n kollek-
tiewe poging genereer word. Daar is baie voorbeelde van goeie
aksies wat voorspruit uit vennootskappe tussen boerderye, tussen
personeellede asook vennootskappe tussen buite-instansies soos
georganiseerde landbou.
TEGNOLOGIE
Daar is ’n golf van tegnologie wat oor die wêreld spoel en wat
boerdery insluit. ’n Mens moet die goeie daaruit neem want dit
speel ’n groterwordende rol. Kyk byvoorbeeld na WhatsApp - ons
almal gebruik dit en dit kos ons niks. Ons moet egter ook waarsku
EX
CIT
ING
MENTORSKAP VAN JONG
PRODUSENTE
Elke produsent en boerdery skep ’n organisa
toriese kultuur, bewustelik of onbewustelik. Dit
word geskep deur die integriteit waarmee jy met
almal omgaan en kan die basis van mentorskap vorm.
“Jy kan ’n lyn tussen die beginnerboere trek, die wat weet
waarheen hulle op pad is, en die wat glad nie gedink het oor
waarheen hulle wil gaan nie en bloot net doen. Toe ek begin
boer het, het ek reeds gedink oor die roetes wat ek kan volg.
’n Klein besluit vandag kan jou oor 10 jaar op heeltemal ’n
ander plek laat.”
ONTWERP ’N STRATEGIE
MET PASSIE EN TYD
Dit is belangrik om ’n passie vir besigheid te hê en te doen
wat jou opgewonde maak. Raymond Ackerman het gesê:
Vergeet van geld maak en doen net waarvan jy hou. Strategie
is soveel makliker as jy doen waarvan jy hou en jy oortuig is
van dit wat jy doen.
Dink baie ernstig oor jou besigheid. Dit was Albert Einstein
wat gesê het: “The significant problems we face cannot be
solved by the same level of thinking that created them.” Jy het
dus nodig om op ‘n nuwe vlak te dink om ‘n skerper strate-
gie te hê. Daai buitengewone dinksessie het nog altyd goeie
resultate gelewer. Plot jou loopbaan, een ding op ‘n slag, en
stukkie vir stukkie word dit deel van jou strategie.
BLY POSITIEF IN JOU STRATEGIE
AS DIE GETY DRAAI
Die weer vandag is een groot risiko - jy kan soveel dinge reg
doen en jou strategie kan uitstekend wees, maar dit is die
weer wat die laaste sê het. Jou strategie moet egter beter
wees - jy moet 'n risikoprofiel hê wat alle aspekte insluit, inslui-
tend jou ouderdom en jou aptyt vir risiko.
SLOT
Foute wat begaan word is om blindelings net te doen, versuim
om ’n goeie strategie te ontwerp en om baie moeite en tyd in
’n strategie te plaas en dit nie aan te pas wanneer die doel-
pale skuif nie. Dink waarheen jy wil gaan en watter einddoelwit
vir jou aanvaarbaar sal wees. Deur jou loopbaan te beplan, sal
die stappe wat jy vandag moet neem, bepaal word.
Indien strategie jou bang maak, kry net ’n goeie plan op
die tafel. Begin met wat nodig is en wat belangrik is. Wyk af
van jou gewone roetine en besluit watter skuif jou nader gaan
bring aan waar jy wil wees.
Kyk die video van AC van Wyk deur die skakel
http://senwes.co/ACvanWyk te besoek of die QR-kode
te skandeer.
14
SENWES SCENARIO | HERFS • AUTUMN 2020