Senwes Scenario Junie / Julie 2019 | Page 7

LANDBOUKUNDIG 25 kg kruipvoeding totdat hy op 100 dae gespeen word. Goeie voedingsbestuur vereis dat die boer die ramlam se vordering monitor. Neem ’n besluit wat jou ramme se gewig op 2-tandverkoopstadium moet wees, stel ’n tabel op en monitor deur maandeliks te weeg. As die ramlam byvoorbeeld 40 kg met speen weeg en sy doelwitgewig is 88 kg, moet sy gewig met 48 kg oor 12 maan- de (365 dae) toeneem. Monitor dus of hy met ongeveer 4 kg per maand of 110 gram groei soos vereis word. GOEIE VERSORGING VAN DIE RAMLAM Die volgende riglyne is waardevol om goeie rambestuur te verseker vanaf speen tot veiling. • Op +42 dae, neem mismonsters en doseer indien nodig. Hierdie is ook ’n goeie tyd om spoorelement- en Vitamien A-aanvulling te doen om die slymvliese te versterk. • Op 80 dae moet teen bloednier en pasteurella geënt word om vrektes na speen te beperk. • Speen op 100 dae en weeg die ram. Prestasiemeting begin reeds hier en is ook nodig vir BLUP-seleksie later. Speenseleksie word gedoen en 15% tot 20% van die swakste rampresteer­ ders word uitgegooi. Dis belangrik om aan te teken watter nageslag nie groei nie sodat teen ouers gediskrimineer • • • • • kan word. Verkoop die swak presteer­ ders. Die geboorteregister en speenre- kord moet aan SA Stamboom gestuur word. Na speen kan ramme die sogenaamde ‘libidokursus’ doen. Sowat 30 uitskot­ ooie word by die ramlammers in ’n kampie gejaag en hulle dek die ooie aanhoudend. So word libido en dekbe- hendigheid aangeleer, wat van hul top- presteerders maak in hul reproduksie vorentoe. Ramlammers word ook nou geskeer. Vir eie rekord kan vaggies geweeg word om te help met die besluitneming of ander lammers eers geskeer moet word of met wol verkoop moet word. In hierdie tydperk kan ramlammers ook Rev 1 toegedien word om immuniteit teen brucella ovis te verhoog. Ramme moet baie oefening kry - fiks­ heid verhoog vrugbaarheid. Oorgewig en onfikse ramme se dekvermoë is gewoonlik nie goed nie. Op 180 dae nadat die lammers geskeer is, word die prestasie geëva­ lueer. Gewig word geneem; wol word gepunt; ’n 30 gram wolmonster word op die middelrib geneem en aan die SA Woltoets Buro gestuur vir ontle­ ding. Die ram word ook geskeer en die vag geweeg. Prestasievorms moet noukeurig en akkuraat ingevul word en aan SA Stamboom gestuur word. HANTERING VAN DIE RAMME MET VEILING Veilingramme sal ongeveer 6 tot 7 maan- de wol dra met die veilingdag. Neem die laaste klein wolmonster (EST) wat net getoets word vir Micron, Sd, CV en Comfort % en by die tweede toets op die katalogus aangedui word. Finale keuring word deur rasinspekteurs by die veiling gedoen. Ramme moet vir vrugbaarheid getoets word en ‘n sertifikaat moet aan die koper beskikbaar gestel word. Ramme word aan baie stres blootge­ stel by veilings. Daarom is dit nodig dat ramme na die veiling goed water drink en vreet voordat gelaai word. Die hantering op die veiling, vervoer asook voedingaan- passing kan tot tydelike onvrugbaarheid lei. Dit is fataal om ’n ram net na veiling te skeer omdat dit redelik algemeen tot totale onvrugbaarheid aanleiding gee. Hou die voeding konstant (verkoper kan vir jou ’n sak pille saamgee) en gee die ramme tyd om aan te pas en te rus ten einde onvrugbaarheid as gevolg van aanpassing te voorkom. Om die ram met aanpassing te help, kan Protexin Solube, Bioboost of Bio-min gedoseer word. Onthou ook om die ram weer teen bloed- nier en pasteurella te ent. Ramme maak ’n groot bydrae tot die kudde se ekonomiese prestasie en daar- om moet rambestuur reeds ses weke voor geboorte begin en volgehou word. SENWES SCENARIO | WINTER 2019 05